Historiese hotel kry nuwe baadjie

Otis Daniels

Die historiese Kapps a Kubata Loft Hotel op Lüderitz ondergaan tans opknappingswerk ter waarde van N$60 miljoen. Die doel is om die ikoniese landmerk te restoureer en dit terselfdertyd in ’n moderne hotel met verskeie verdiepings te omskep. Dit sal bykomende kamers, kantore, konferensiegeriewe, ’n swembad, ’n restaurant en ’n kroeg op die boonste vlak insluit. Die hotel sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2027 open. Foto’s Otis Daniels



Kommentaar

Republikein 2026-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer