Gerhardus se reise – Locarno se stiltes en stories
My eerste keer in die Italiaanse deel van Switserland
Ons is op pad na Locarno vir 'n daguitstappie. Dit is die wonderlike ding van Switserland – dit neem 'n mens 'n oggend om van noord na suid te reis.
Gerhardus van Grootfontein – Die daglig breek net-net deur die geboue. Dit is lekker koel op die perron van die Basil-treinstasie.
Die trein is mooi, skoon en gemaklik binne. Holger kry vir ons ’n sitplek by ’n venster. In sy rugsak wag ontbyt.
Dit is gedurende die sprokiestyd van die jaar. Switserland verwelkom die lente! Tussen Alpe met wit krone reis die trein na die Suide.
Ons is op pad na Locarno vir ’n daguitstappie. Dit is die wonderlike ding van Switserland – dit neem ’n mens ’n oggend om van noord na suid te reis. Locarno is aan die oewer van Lago Maggiore, ’n meer wat strek van die noorde van Italië tot die kanton Ticino in die suide van Switserland. Switserland het drie dele. ’n Duitse deel, ’n Franse deel en ’n Italiaanse deel. Dit sal my eerste keer in die Italiaanse deel van Switserland wees.
Holger pak die onbyt uit. Eie aan Holger is daar altyd vonkelwyn, kaas, brood en sjokolade. Dekadent! En ek is in.
Eon en Holger gaan gereeld Locarno toe omdat Eon soms daar uitvoerings doen – hy is ’n luitspeler. Ek is in goeie hande. Hulle is inwoners wat die klein skatte en ervarings van die omgewing met my kan deel. Dit is maar soos in enige ander omgewing: Wanneer jy aanhuis is by plaaslike inwoners, word ’n mens aan ontdekkings blootgestel wat toerbusse verpas.
Ons klim by die Locarno-stasie af en stap langs die meer. Hoë Alpe toring rondom die meer. Verskillende skakerings blou en groen weerkaats tussendeur die son se meditatiewe weerkaatsing op die water. Die omgewing is poskaartmooi.
Die strate is stil en meeste mense stap of ry fiets. Ek dink nie iemand wil met geraas of uitlaatgasse die natuurskoon en die romantiek van die omgewing besoedel nie. Hierdie is een van die min plekke in die wêreld waar mensekind nog aan die geskenke van die Skepper vashou. In meeste plekke is dit al vir mag, geld en ego verruil. Ek is dankbaar ek is van Namibië af. Ons het ook nog ’n oer en egte verhouding met die natuur.
Bo teen die berge, steek ’n geel-okerkleurige gebou teen die rotse uit. Dit is die Franciskaanse kerk en ou klooster Santuario della Madonna del Sasso. Daar is twee maniere om by hierdie bekorende visioen uit te kom. Die eerste opsie is so halfuur se stap deur ’n kloof verby klein vervalle heiligdommetjies wat elk een van die 14 stasies van die Kruis uitbeeld. Die tweede opsie is ’n trem (ook bekend as die “tandetrein” weens sy spoor) wat mens na ’n hoër platform neem met ’n asemrowende uitsig oor Lago Maggiore en die Alpe. Ons besluit op opsie twee vir opgaan en opsie een vir afkom.
Die trem kom klak-klak-klak bo teen die berg tot stilstand. Ons klim uit. Die lug is vars en koel. Die son is helder. Ons word omsingel deur berge, bome, klippe en kolle sneeu. Die leliewit sneeu met sy behoue reinheid, maak die broosheid van nuwe lewe in die woud soveel mooier en spesiaal. Dit is ’n duidelike oorgang tussen die winter en die lente. Die lewe is ’n siklus. Elke einde is ook ’n nuwe begin. Die wiel draai: in seisoene; in lief en leed; in menswees.
Die omgewing is rotsagtig. Die Madonna del Sasso is op groot rotse gebou. Sasso is ’n Italiaanse woord vir klip.
Volgens legende het die maagd Maria wonderbaarlik aan broeder Bartolomeo Piatti van Ivrea op 15 Augustus 1480 naby hierdie rotse verskyn. Dit was op die vooraand van die fees van die Hemelvaart. Die berg is as heilig beskou en sewe jaar later, in 1487, is die eerste twee kapelle ingewy.
Ons stap af na die kapelle en ou klooster toe. Eon vertel vir my bietjie oor die kuns en artifakte wat in die ruimtes te sien is. Dit strek vanuit die 15de tot die 19de eeu. Ek besef dat hierdie spasie nie net ’n heiligdom is nie, maar ook ’n versameling stories.
Die Madonna del Sasso het onder andere skuiling gebied vir menige Katolieke gedurende ’n tyd van verdrukking. In die 16de eeu, gedurende die Protestante hervorming, is omtrent al die Katolieke uit die dorp Locarno verdryf. Hulle het in ’n optog die standbeeld van die Madonna vanuit die stadskerk na die heiligdom bo-op die berg gedra. Nadat hulle seker gemaak het die standbeeld is veilig, het hierdie hawelose mense in ballingskap gegaan. Geanker in hulle geloof en oortuigings, het hierdie Katolieke met minimale besittings die wêreld trotseer op soek na veiligheid en aanvaarding. Die Madonna del Sasso getuig van verlies en verplasing wanneer geloof as ’n instrument vir verdeling en verwerping gebruik word.
In die hoofkapel is die visuele elemente oorweldigend. Die goue versierings en klipgerubs (cherubs) lei die oog na talle skilderye wat Bybelse tonele voorstel. Die bekende meesterstuk “Die Oorplasing van Christus van die Graf” deur die akademiese Ticino-gebore skilder, Antonio Ciseri, is onder andere hier te sien. Die lig wat by die koepelvensters in skyn, laat die binnekant van die kapel glinster. Tussen die banke, onder die glans van goud en dakskilderye, sit ’n monnik nederig in ’n eenvoudige swart kleed. Sy hoof is gebuig.
In ’n kamer onder die hoofkapel is daar so dekade of wat gelede ’n 15de eeuse Lombardiese muurskildery ontdek. Dit is ’n seldsame verskynsel in Switserland. Die rooi, oker en wit lineêre komposisie stel waarskynlik die "Laaste Avondmaal” voor. Ek is nogals aangetrokke tot hierdie vervalle muurskildery. Dit weerspieël vir my die spiritualiteit wat ek in die monnik gesien het.
Soos ons uit die heiligdom stap, groet die berge en die meer ons. Daar is ’n rustigheid in my hart en ’n honger in my maag. Dit is al laatmiddag. Ons besluit om iets te gaan eet.
Onder in Locarno sit ons aan by ’n plaaslike restaurant. Die kelners, kokke en kos is Italiaans. Ek het ’n sagte plekkie vir Italiaanse kos. En, waaragtig! Daar is “pasta puttanesca” op die spyskaart. Ek is altyd op soek na hierdie dis – hierdie is my gunstelingpasta. Bolognese is vir die voëls.
Hierdie lieflike sous van tamatie, rissie, knoffel, ansjovis, olyf en kappertjie het ’n sexy geskiedenis wat kos-historici verdeel. Baie kenners reken dat dit gedurende die Tweede Wêreldoorlog ontstaan het toe jong dames alternatiewe loopbaangeleenthede moes inslaan weens ’n tekort aan werk. Ek gaan nie verder hierop uitbrei nie, maar as jy my eendag raakloop, dan gaan drink ons koffie en ek vertel vir jou alles!
Die puttanesca het weer my siel in ewewig gebring ná ’n dag van baie heilige ervarings.
Tevrede verlaat ons die restaurant. Die volgende stop is ’n gelato-stalletjie. Lek-lek aan ons roomys, langs die Lago Maggiore, stap ons terug na die stasie. Die son se strale is lank en Locarno kry ’n staande applous.
My dag was vol natuurskoon, interessante geskiedenis, mooi kuns en stoute kos – lekkernye, knus, in ’n mandjie van vriendskap.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie