Dubai-beloftes vat tyd

Bevordering van beleggings, toerisme
Beduidende beleggings is gemaak om Namibië se deelname aan die Dubai Ekspo te verseker.
Henriette Lamprecht
Die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling (NIPDB) het ’n beroep op Namibiërs gedoen om geduldig te wees met die proses om beleggingsbeloftes in die land wat tydens die Expo 2020 Dubai gemaak is, ’n werklikheid te maak.

NIPDB het as fasiliteringsagentskap vir Namibië se deelname opgetree waar 192 beleggingsmoontlikhede, veel hoër as die teiken van 60, in hoofsaaklik hernubare energie, toerisme en onderrig aangeteken is. Dit was die eerste wêreldekspo wat in die Midde Ooste-, Afrika- en Suid-Asië-streek aangebied is.

Volgens me. Catherine Shipushu, NIPDB se senior bemarkingsbestuurder, is die raad deeglik bewus van die beduidende finansiële belegging wat deur die regering, ontwikkelingsvennote, sowel as verskeie borge uit beide die openbare en private sektor gemaak is om die land se deelname te verseker.

Shipushu sê die raad is besig om ’n omvattende verslag saam te stel van die aktiwiteite en suksesse van die Namibian Pavilion in die ses maande wat die ekspo geduur het.

Dié verslag sal eers aan die kabinet en daarna aan verwante rolspelers voorgelê word.

“Verslag oor verantwoordbaarheid aan rolspelers skop op 1 Mei af en sal teen die einde van Junie voltooi wees,” het sy gesê.

Namibië was een van 192 lande wat deelgeneem het aan die ekspo wat van 1 Oktober 2021 tot 31 Maart vanjaar in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) plaasgevind het. As ’n ontluikende mark het Namibië die ekspo se sameroepende krag gebruik om bewustheid te skep oor die land se toerisme- en beleggingspotensiaal sowel as ’n plek om te werk, lewe en te ontwikkel.

Volgens Shipushu het dit ook ’n platform verskaf om beleggingsgeleenthede in sekere sektore met potensiële beleggers te deel. Die sektore wat die regering in dié verband geïdentifiseer het, sluit in hernubare energie, logistiek en infrastruktuur, mynbou, landbou en toerisme.

Sy sê die bevordering van beleggings en toerisme was ’n integrale deel van die land se aktiwiteite by die ekspo.

“Met die laaste dag op 31 Maart het die Namibian Pavilion ’n totaal van 397 255 besoekers van oraloor die wêreld aangeteken. Hieruit is 192 beleggingsmoontlikhede, veel hoër as ons teiken van 60, in hoofsaaklik hernubare energie, toerisme en onderrig aangeteken,” het sy gesê.

Volgens haar is een van die grootste doelwitte van deelname aan sulke geleenthede om beleggers se belangstelling in Namibië aan te wakker in ’n poging om buitelandse direkte belegging (FDI) te verseker.

“Gegewe die huidige status van die Namibiese ekonomie is FDI geïdentifiseer as kritiek tot die land se ekonomiese herstel en om geleenthede daar te stel wat ’n beter lewensgehalte vir alle Namibiërs beteken.”

Soos die land beleggings vasmaak, sal die inkomste wat hierdeur genereer word die regering se pogings ondersteun en komplementeer om ingrypings vir ontwikkeling soos werksgeleenthede en armoedeverligting daar te stel.

Met die amptelike afsluiting van die ekspo, sê Shipushu het die NIPDB as die fasiliteringsagentskap vir Namibië se deelname, verskuif na verskeie ander sleutelaspekte.

Dit sluit onder meer in die terugkeer na Namibië van die permanente personeellede wat in Dubai gestasioneer was om hul pligte op tuisbodem by hul onderskeie werkgewers te hervat.

“Dit is ook belangrik dat die raad nou die reusetaak het om moontlike leidrade vir beleggings op te volg en in tasbare beleggings te omskep.”

Shipushu beklemtoon dit is ’n lang proses wat heen-en-weer-onderhandelings met potensiële beleggers insluit en waarvan die uitslae moontlik nie onmiddellik sigbaar mag wees nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!