Deel jou NWR-oomblikke
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het 'n kompetisie vir reisigers van stapel gestuur om hul mees onvergeetlike oomblikke tydens hul reise in Namibië te deel. Deel jou #NWRMoments is 'n interaktiewe kompetisie op al NWR se sosialemediaplatforms wat mense aanspoor om hul oomblikke by enige van sy oorde te deel. Die doel is om handel, toerisme en reise oraloor Namibië te bevorder en plaaslike sowel as buitelandse inwoners aan te moedig om die skoonheid van die land te ontdek. Inskrywings sluit 1 Februarie aanstaande jaar en vir meer inligting kan die webtuiste www.nwr.com.na/competition besoek word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie