Bergpasse in Namibië

Bied asemrowende uitsigte
Die bekendste en die meeste bergpasse is op die grondpadroetes tussen Windhoek en die kus geleë, alhoewel ander bergpasse verder noord en suid ook besonders is.
Elvira Hattingh
Namibië spog met meer as 14 bergpasse, met minstens sewe wat in die Khomasstreek geleë is.

Onder die bekendstes is waarskynlik die besonderse Spreetshoogtepas, Gamsbergpas asook die wilde Van Zylspas in die Kaokoland, met elkeen wat jou met onvergeetlike uitsigte betower en ook vir ’n goeie dosis adrenalien kan sorg.

Van die bekendste bergpasse word hier bespreek.

SPREETSHOOGTE

Die Spreetshoogtepas, die steilste pas in Namibië asook die een met die grootste hoogteverskil waar jy bykans 1 km oor ’n afstand van 4 km daal, verbind die Namibwoestyn met die Khomas Hochland.

Die pas, op die D1275-roete vanaf Rehoboth tot Solitaire, deurkruis die Groot Platorand.

Die bekende uitkykpunt bo-op die pas, bied ’n onvergeetlike uitsig van die Namibwoestyn.

Die boer Nicolaas Spreeth het tydens die Tweede Wêreldoorlog die pas klip vir klip gebou. Die pas is ook na hom vernoem.

Spreeth het die plaas Ubib aan die voet van die berg besit. As daar bestellings op sy plaas afgelewer moes word, is dit by ’n busstop op Namibgrens bo-op die berg afgelaai. Om dit op te tel, moes hy of met die Remhoogtepas – sowat 30 km suid – ry, of met sebrapaaie bergop gaan. Dis toe dat hy besluit het om die bergpas te bou.

Voertuie sonder waentjies kan die pas ry, terwyl karavane en vragmotors verbied word.

KUPFERBERG, GAMSBERG

Die Kupferbergpas, net suidwes van Windhoek op die C26-roete in die rigting van Walvisbaai, bied jou ’n voorskou van die asemrowende uitsigte wat verder op die pad in die Gamsberg- of Spreetshoogtepas vir jou wag.

Die Gamsbergpas is op die C26-grondpad tussen die Hakosberge tussen Windhoek en Walvisbaai geleë. Dit is die moeite werd om tot op die piek van die berg te ry, wat ’n uitsig oor die bergpieke en Kuisebriviervallei bied.

Die Gamsbergpas word as een van die land se mooiste 4x4-roetes beskou en word om die rede soms die “tuinroete van Namibië” genoem. Sommige verwys ook dikwels na die Gamsberg self as Namibië se “Tafelberg” omdat dit ’n plat piek het.

BOSUAPAS, REMHOOGTEPAS

Die Bosuapas is geleë op die C28-roete deur die Khomas Hochland tussen Windhoek en Swakopmund en is die roete na die kus (315 km), dog nie die vinnigste nie.

As jy die bergagtige Khomas-gebied agterlaat, loop die pad ook verby die Maanlandskap naby Goanikontes. Verskeie ompaaie, waarvoor jy ’n permit sal benodig, kan gevolg word om die mooiste dele van die Namib-Naukluft Park te sien.

Die Bosuapas is steil en dus nie geskik vir voertuie wat karavane sleep nie. Dié bergpas is na die Suid-Afrikaanse siviele ingenieur Gerrit Bosua vernoem.

Remhoogtepas word as die makste onder bogenoemde bergpasse beskou en is ook die maklikste om te ry – selfs met kleiner sedanmotors. Die pas moenie met Suid-Afrika se Remhoogtepas verwar word nie.

Op die D1982-roete tussen Windhoek en Walvisbaai, ook deur die Khomas Hochland, is die Ushoogtepas langs die Kuisebrivier geleë. Dit is ook nie geskik vir voertuie wat karavane sleep nie.

VAN ZYLSPAS

Van Zylspas, hoog geleë tussen twee steil bergreekse in Namibië se Marienfluss, is net vir die mees avontuurlustige 4x4-entoesiaste.

Die uitsig bo-op die pas is egter asemrowend mooi.

Die Van Zylspas is sowat 958 m bo seevlak in die Kunenestreek geleë en word as een van die hoogste roetes in die land beskou.

Twintig mans het die pas in 1965 in vier maande gebou. Die pas kry egter sy naam van ’n Hollandse verkenner wat glo reeds in die 1920’s met ’n Model T-Ford en ’n paar honderd Himba-helpers daaroor gery het.

Jy bereik die pas via die D3703-roete via Okangwati.

Die pas is uitsonderlik steil, terwyl die 10 km tot 15 km lange roete voor die pas ook uitdagend is, met klowe en rotse wat jy moet trotseer. As jy die piek bereik het, is die pad tot onder 10 km lank – dit neem egter selfs die mees ervare 4x4-bestuurders tussen drie tot ses ure om dit te ry.

Die pas is in ’n geïsoleerde deel van die land geleë en moet verkieslik nooit alleen aangedurf word nie.

ANDER BERGPASSE

Namibië spog ook nog met verskeie ander bergpasse, veral in die noordweste van die land, maar ook op verskeie grondpaaie na die kus. Op die C14-roete tussen Walvisbaai en Solitaire is twee bergpasse – die Gaubpas asook die Kuisebpas.

In die noordooste is daar die Tsumebpas en in die noordweste die Grootbergpas op die C40-pad, oos van Palmwag in die rigting van Kamanjab in Damaraland.

Die Joubertpas is in die Joubertberge noord van Palmwag op die C43-roete geleë – noordwaarts na Opuwo in die Kaokoland. Daar is ook ‘n bergpas met dieselfde naam in Suid-Afrika.

Robbiespas is op die D3705-pad geleë, sowat 50 km noord van Sesfontein.

In die suide is daar die Tsarishoogtepas, wes van Maltahöhe op die C19-roete deur die Tsarisberge en die Namibwoestyn in die rigting van Sossusvlei, Sesriem en Solitaire. Die pad is ook nie geskik vir motors wat karavane sleep nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 37° Eenhana: 18° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 24° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 31° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:34, High tide: 13:58, Low Tide: 20:05, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:56, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 19° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:55, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 32° Aranos: 20° | 36° Lüderitz: 12° | 19° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 28° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 9° | 20° Maseru: 9° | 26° Antananarivo: 13° | 30° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 15° | 26° Windhoek: 18° | 31° Cape Town: 15° | 26° Durban: 14° | 19° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 29° Harare: 16° | 21° Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.18 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.59 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.84 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.6 | USD to ZMW 26.44 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1860.17 Up +0.28% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14048.66 Down -0.38% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30273.06 Up +1.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 650.03/OZ UP +0.02% | Copper US$ 4.35/lb DOWN -0.0065 | Zinc US$ 3 025.00/T DOWN -2.14% | Brent Crude Oil US$ 74.77/BBP DOWN -0.0088 | Platinum US$ 983.23/OZ DOWN -0.009 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 37° Eenhana: 18° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 24° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 31° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:34, High tide: 13:58, Low Tide: 20:05, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:56, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 19° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:55, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 32° Aranos: 20° | 36° Lüderitz: 12° | 19° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 28° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 9° | 20° Maseru: 9° | 26° Antananarivo: 13° | 30° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 15° | 26° Windhoek: 18° | 31° Cape Town: 15° | 26° Durban: 14° | 19° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 29° Harare: 16° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.18 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.59 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.84 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.6 | USD to ZMW 26.44 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1860.17 Up +0.28% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14048.66 Down -0.38% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30273.06 Up +1.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 650.03/OZ UP +0.02% | Copper US$ 4.35/lb DOWN -0.0065 | Zinc US$ 3 025.00/T DOWN -2.14% | Brent Crude Oil US$ 74.77/BBP DOWN -0.0088 | Platinum US$ 983.23/OZ DOWN -0.009