Neusie verby vir Eagles en WB-wedloop
Krieket
Die Richelieu Eagles se droom is verpletter om vir Harare te kwalifiseer, maar dis nie die einde van die pad vir die moedige Namibiërs nie.
Die laaste twee wedstryde vir die ICC Wêreldbeker-uitduntoernooi in Zimbabwe is Woensdag in Windhoek afgehandel.
Namibië lek nog sy wonde nadat die Richelieu Eagles uitgeskakel is vanweë hul nederlae teen die VSA en die Verenigde Arabiese Emirate.
Die VSA en die Emirate sal van 18 Junie tot 9 Julie in Harare saam met Sri Lanka (WB-kampioen in 1996), Wes-Indië (tweemalige wêreldkampioen), Skotland, Oman, Nepal, die VSA, Nederland, Zimbabwe en moontlik Ierland vir twee beskikbare plekke by die 2023 Wêreldbeker in Indië sake uitspook.
Woensdag het Kanada (218/8 in 50) vir Papoea-Nieu-Guinee (128 almal uit in 37) met 90 lopies oorrompel en die Emirate (284/7 in 50) klop Jersey (218 almal uit in 44.5) met 66 lopies.
Pargat Singh (66 van 104 balle, 6x4) en Aaron Johnson (53 van 48 b, 6x4, 3x6) is Kanada se voorste kolwers, terwyl John Kariko met 4 paaltjies vir 45 in 10 die beste vir PNG gevaar het.
Vir PNG was Tony Ura (36 van 38 b, 5x4) en Norman Vanua (33 van 50 b, 5x4) hul topbydraers.
Jeremy Gordon (6/43 in 10) het die PNG-kolwers ernstige probleme verskaf.
Vir die Emirate het sy staatmakers Asif Khan (82 van 86 b, 5x4, 2x6) en Muhammad Waseem (65 van 52 b, 5x4, 4x6) met die kolf geskitter. Julius Sumerauer (4/51 in 10, 1 leeg) was Jersey se topbouler.
Harrison Carlyon (85 van 89 b, 7x4, 5x6) en Asa Tribe (40 van 48 b, 1x4, 2x6) het Jersey se telbord aan die rol gehou, terwyl Karthik Meiyappan (4/57 in 10) vir die Emirate uitstekend geboul het.
Finale puntestand ná vyf ODI’s elk:
1 VSA 8 punte (netto lopietempo 0.810)
2 Emirate 8 (0.458)
3 Namibië 6 (0.601)
4 Kanada 6 (0.123)
5 Jersey 2 (-0.840)
6 PNG 0 (-1.148).
PNG verloor ongelukkig sy ODI-status en word in dié opsig deur Jersey vervang.
SUID-AFRIKA SE KANSE
Die Proteas het met hul onlangse reeksoorwinning (2-0) teen Nederland verby Ierland gevorder in die wedloop om vir die WB te kwalifiseer deur die agtste en laaste beskikbare plek op te eis.
Suid-Afrika kan egter steeds deur die Iere gepootjie word.
Ierland het aanstaande maand drie ODI’s tuis teen Bangladesj oor waar hulle moontlik die Proteas kan verbysteek. Dié toernooi in Ierland sal bepaal of die Iere of die Proteas vir Harare sal moet voorberei.
Ierland se netto lopietempo van -0.382 is swakker as die Proteas se -0.077, maar met ’n reeks oorwinning vir die Iere teen Bangladesj kan hulle die bordjies met ’n beter netto lopietempo verhang as hulle gelyk met punte eindig. Ierland het tans 68 punte en die Proteas 98.
Spanna kry tien punte vir ’n sege, vyf vir ’n gelykop/geen uitslag/afgestelde wedstryd en nul vir ’n verloor.
Die agt lande wat regstreeks vir die WB gekwalifiseer het
1 Nieu-Seeland wen 16 uit 24 wedstryde (175 punte)
2 Engeland 15/24/ (155)
3 Indië 13/21 (139)
4 Bangladesj 13/21 (130)
5 Pakistan 13/21 (130)
6 Australië 12/18 (120)
7 Afghanistan 11/15 (115)
8 Suid-Afrika 9/21 (98) of Ierland 6/21 (68).
Die toptweelande in Zimbabwe gaan ook WB toe.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie