Twitter sê 200 miljoen gebruikers se data is veilig ná databreuk
Twitter meen die databreuk wat 200 miljoen van sy gebruikers geraak het, is nie weens enige gebreke aan Twitter se kant nie.
Elon Musk, eienaar van Twitter, sê ’n databreuk wat moontlik 200 miljoen gebruikers geraak het, was nie as gevolg van uitbuiting van enige tegniese foute op sy platform nie. Die beweerde databreuk het name en e-posadresse van sy gebruikers bevat.
Verlede week het ’n anonieme gebruiker op die hacker-werf BreachForums ’n databasis gepubliseer wat volgens hom basiese inligting oor honderdmiljoene Twitter-gebruikers bevat.
Hoewel geen gebruikers se wagwoorde uitgelek is nie, is alle Twitter-gebruikers aangeraai om twee-faktor-verifikasie (https://help.twitter.com/en/managing-your-account/two-factor-authentication) te aktiveer deur wagwoordprogramme of hardeware-sekuriteitsleutels te gebruik om hul rekening teen ongemagtigde aanmeldings te beskerm. As gebruikers bekommerd is oor die veiligheid van hul rekening, of enige vrae het oor hoe Twitter hul persoonlike inligting beskerm, kan hulle die volgende vorm (https://twitter.ethicspointvp.com/custom/twitter/forms/data/form_data.asp) invul en na Twitter vir databeskerming stuur. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie