Starlink se 51%-eienaarskap steeds onder hersiening
Impak op plaaslike telekommunikasiebedryf
Die Kommunikasiewet van 2009 bepaal enige buitelandse entiteit wat sake in die land wil doen, moet voldoen aan die vereiste dat 51% van dié entiteit deur plaaslike individue of entiteite besit word.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie Emma Theofelus, sê Starlink se aansoek om sy 51%-eienaarskap te behou, word steeds hersien.
Volgens haar het dié ontwikkeling die potensiaal om die plaaslike telekommunikasiebedryf, insluitend werksgeleenthede, positief of negatief te beïnvloed. Starlink het middel verlede jaar ’n aansoek ingedien om in Namibië bedryf te word.
Die Kommunikasiewet van 2009 bepaal enige buitelandse entiteit wat in die land sake wil doen, moet egter voldoen aan die vereiste dat 51% van dié entiteit deur Namibiese individue of entiteite besit word, met die buitelandse maatskappy wat die oorblywende 49%-aandele sal besit.
In hierdie geval wil Starlink sy 51%-eienaarskap behou ingevolge die Ruimtewet. Starlink moes dus kragtens die kommunikasiewet by die minister verantwoordelik vir inligting en kommunikasietegnologie aansoek doen om ’n vrystelling te verkry om 100% as ’n buitelandse entiteit bedryf te word.
Theofelus het gesê dié aansoek word steeds deur die ministerie oorweeg.
“Daar is baie belangrike faktore om te oorweeg omdat dit die eerste maatskappy van sy soort is wat buitelandse eienaarskap van 100% in die land en op veral die gebied van telekommunikasie en spesifiek lae wentelbaan-satelliettelekommunikasie versoek,” het die minister verlede week in die parlement gesê.
“Die ontwikkeling het die potensiaal om ’n impak op ons plaaslike telekommunikasiebedryf te hê. Dit kan werkgeleenthede negatief of positief beïnvloed.
“Dit kan implikasies op ons veiligheid en sekuriteit hê. Dit kan ook die verwesenliking van volle telekommunikasiedekking vir alle Namibiërs beïnvloed, veral as ons uitgestrekte geografie en klein, wydverspreide bevolking in ag geneem word,” het sy gesê.
Volgens haar is dit die rede waarom ’n versigtige en doelbewuste benadering gevolg word om die aansoek te hersien.
“Aangesien die aansoek steeds onder hersiening is, weerhou ek my daarvan om te reageer op die spesifieke vrae wat deur [McHenry] Venaani gestel is, om te verhoed dat ek die besluit van die minister of die regering in my hoedanighed beïnvloed,” het Theofelus gesê.
Network Media Hub (NMH) het vroeër berig die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) wag vir leiding van die ministerie oor Starlink se aansoek vir ’n bedryfslisensie.
VRYSTELLING
Cran se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua, het twee weke gelede gesê Starlink se aansoek, wat in Junie 2024 ingedien is, kan nie voortgaan totdat die lynministerie die maatskappy se versoek vir ’n vrystelling van eienaarskap opgelos het nie.
“Ons kan nie met die volle aansoek voortgaan totdat die vrystelling van eienaarskap nie gefinaliseer is nie,” het sy gesê.
“Die oomblik wanneer minister Emma Theofelus haar besluit neem, sal ons die aansoek evalueer, aangesien plaaslike eienaarskap ’n sleutelkriteria is,” het Nghikembua gesê.
In November 2024 het Cran ’n staak-en-weerhou-brief aan Elon Musk se satellietinternetverskaffer Starlink uitgereik omdat die maatskappy sonder ’n lisensie in die land bedrywig was.
Starlink, die satellieteenheid van SpaceX, is in verskeie Afrikalande bedrywig, maar het regulatoriese uitdagings en weerstand van staatsbeheerde telekommunikasie-monopolieë ervaar.
Cran het die brief op 26 November aan Starlink gerig om dadelik al sy bedrywighede in Namibië te staak omdat dit nie die vereiste telekommunikasielisensie gehad het nie. Die regulerende owerheid het die publiek ook gemaan om nie Starlink-toerusting te koop of vir sy dienste in te teken nie omdat die dienste onwettig in Namibië is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie