Ongeregistreerde simkaarte ’n tameletjie vir MTC

Kan maandeliks miljoene verloor
Die gebruikers wie se selfoonnommers MTC vanaf Maandag opgeskort het, verteenwoordig omtrent N$8,1 miljoen se maandelikse inkomste vir dié maatskappy.
Iréne-Mari van der Walt
Die mobiele telekommunikasie-maatskappy (MTC) kan ’n beraamde maandelikse verlies van N$8,1 miljoen ly weens die opskorting van 323 236 (16,7%) van sy gebruikers se dienste.

“MTC sou ’n verlengde tydperk verwelkom het om al ons kliënte te registreer. Alhoewel dit nie ’n ideale situasie is nie, is die realiteit van die saak dat MTC, soos uitgestippel die owerheid [die regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran)], die opdrag moet volg en die nommers moet opskort,” het MTC se kommunikasiehoof, Tim Ekandjo in ’n verklaring gesê.

Ekandjo verduidelik dat selfoonnommers wat opgeskort is nog nie finaal verlore is nie, maar vir drie maande opgeskort sal bly – tot 1 Julie vanjaar. Indien dié nommers nie voor 1 Julie geregistreer word nie sal dit finaal verval. Daarna sal ’n gebruiker nie weer dieselfde nommer kan terugkry nie.

MTC se woordvoerder, Erasmus Nekundi, het op navraag bevestig dat geen aspek van die registrasieproses voortaan sal verander nie.

Hy sê alle belkrediet en Aweh-pakette sal beskikbaar wees vir gebruik wanneer ’n nommer geregistreer is.

Die enigste uitsondering is Aweh-pakette wat gedurende die tydperk wat die gebruiker se nommer opgeskort is, verval het.

Nekundi het verduidelik wanneer ’n gebruiker tans sy nommer gaan registreer, die nommer nie onmiddellik sal werk nie, maar dat nuut geregistreerde nommers gereeld gedurende die dag geaktiveer word.

“Ons aktiveer die nommers stuk vir stuk. Ons probeer om dit so gereeld as moontlik te doen – omtrent elke uur of minstens elke twee uur. So die nommer is nie onmiddellik beskikbaar nie, maar ons sal ook nie dat ’n kliënt

die hele dag moet wag vir die nommer om weer te werk nie. Ons doen alles wat ons kan in daardie verband,” verduidelik hy.

MTC hou egter vol dat ’n langer registrasietydperk ’n beter uitkoms moontlik kon maak.

“MTC het nog altyd volgehou dat dit 24 maande sal neem om die simkaart-registrasieproses suksesvol te finaliseer. Ten spyte van ons beste pogings het ons uitdagings ondervind om die registrasieproses vir al ons gebruikers te voltooi, soos voorheen aan Cran gekommunikeer is, insluitend onder andere die geografiese omvang van ons land en sosioëkonomiese toestande wat dit onmoontlik gemaak het vir lede van die publiek om betyds te registreer,” lui hul verklaring.

Telecom Namibia (TN) het in ’n verklaring gesê 191 598 ongeregistreerde selfoonnommers is ná die sperdatum opgeskort.

TN het op 31 Maart 442 410 aktiewe gebruikers gehad, maar het ná die sperdatum 250 812 geregistreerde gebruikers getel.

Die regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) het gister bevestig dat 1 868 412 simkaarte van 2 387 330 aktiewe simkaarte teen die sperdatum geregistreer is – dit verteenwoordig 78,26%.

Die uitvoerende hoof van Cran, Emilia Nghikembua, verduidelik dat nommers wat tans opgeskort is kennisgewings sal ontvang indien hulle probeer om SMS’e te stuur of oproepe te maak. Geen SMS-boodskappe of oproepe kan na hierdie nommers gemaak word nie.

Aanduidings van diegene wat gister in die hoofstad tougestaan ​​het om hul simkaarte te registreer, is dat alle MTC-registrasiepunte oraloor die stad stampvol was. ’n Leser het ook van Katima Mulilo laat weet dat mense wat hul simkaarte by die MTC-kantoor op dié dorp wou registreer buite die deur staan.

Diegene wat die rye by MTC se registrasiepunte wil vryspring, kan

aanlyn by www.mtc.com.na/sim-registration registreer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.63 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.52/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0083 | Zinc US$ 2 919.30/T UP 1.56% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.0297 | Platinum US$ 952.36/OZ UP +1.88% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.63 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.52/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0083 | Zinc US$ 2 919.30/T UP 1.56% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.0297 | Platinum US$ 952.36/OZ UP +1.88%