Foto ter illustrasie/argief
Foto ter illustrasie/argief

MTC lig beperking op Aweh

Iréne-Mari van der Walt
In die eerste stap in sy poging om in die komende maande meer vernuwing en bekostigbare oplossings aan die Namibiese mark te bied, sal daar voortaan geen beperking vir MTC-gebruikers wees op die aantal Aweh-pakette wat hulle gelyktydig kan hê nie. Die staat se telekommunikasiediens het voorheen hierdie diens op drie samelopende intekeninge beperk.

MTC se hoofbestuurder vir produkoplossings, Andreas Gustav, verduidelik dat hierdie besluit in reaksie op klante se aanvraag en marktendense geneem is. "Dit is 'n hersiene aweh-reis waar ons voorafbetaalde kliënte nou op soveel Aweh-pakkette kan inteken as wat hulle wil – wat hulle beheer gee. Jy is nie meer beperk tot slegs drie hernuwings en hoef nie te wag vir die aktiewe intekeninge om te verval nie. Jy kan op soveel Awehs inteken as wat jy wil,” het hy gesê.

MTC het in ’n mediaverklaring gesê dat hierdie skuif die maatskappy beter in staat sal stel om by die mark se aanvraag te hou. "In 'n wêreld waar buigsaamheid en gerief die kern van kliënte-ervaring is, het die aanbied van oplossings wat aan die mark se vraag voldoen, onontbeerlik geword. In ooreenstemming met hierdie praktyk het Mobile Telecommunications Ltd, MTC, in sy poging om altyd opgedateerde en gehalte-kliëntevoordele te bied, onbeperkte Aweh-intekeninge vir alle kliënte aan die mark beskikbaar gestel."

Gustav hou vol dat spoedige aanpassing noodsaaklik is tot MTC se sukses. "Die belangrikheid van hierdie spoedige produkverbetering kan nie oorskat word nie. Vir gebruikers beteken dit groter buigsaamheid, gerief en beheer oor hoe hulle verbind bly, of dit nou stem-, data- of saamgestelde pakketaanbiedinge is. Vir die mark bewys dit MTC se toewyding tot vernuwing, kliëntfokus en voortdurende waardeskepping in die lewering van relevante, eenvoudige en bekostigbare oplossings."

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer