Ministerie hersien internetbeheer

Wette op kubermisdaad, databeskerming onder loep
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie sê die wet op kommunikasie sal herroep en vervang word.
Augetto Graig
“Met die hulp van die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU) sal die ministerie binnekort begin met die konsolidasie van die nasionale inligtings- en kommunikasiebeleide.”

So het die minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), dr. Peya Mushelenga, gister gesê tydens die aankondiging dat die wetlike raamwerk vir die ICT-sektor in Namibië hersien word.

Die wetsontwerp op kubermisdaad word spesifiek heropgestel. Die beleid en wetlike raamwerk hiervoor is reeds opgetrek, en die nuwe wetsontwerp sal eers aan openbare konsultasie onderwerp word voor dit weer aan die kabinet se komitee oor wetgewing voorgelê sal word.

Verder is die wetsontwerp op die beskerming van data ook heropgestel, volgens die minister. Dit nadat konsultasies in die streke en ’n slypskool in dié verband gehou is met finansiering wat die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling (NIPDB) ingevorder het.

Dié beleid en wetlike raamwerk is ook gereed en die wetsontwerp is gereed om aan die kabinet se komitee oor wetgewing voorgelê te word.

Die raadsvoorsitter van die Internet Society Namibia Chapter, Ngarii Tjejamba sê: “Die Internet Society Namibia Chapter verwelkom die pogings van die minister om die manier waarop die regering inligting aan die mense versprei, te versterk en vaartbelyn te maak. Ons glo dat verhoogde deursigtigheid, aanspreeklikheid en toegang tot groter geleenthede en beter begrip vir Namibiërs sal lei, en hulle beter vir die toekoms sal toerus.”

“Nadat ons nou saam met die ministerie aan die wetsontwerp op kubermisdaad en databeskerming gewerk het, sal dit ’n impak hê op hoe burgerlike organisasies verandering op kabinetsvlak positief kan beïnvloed,” voeg hy by.

Die grootste verandering is egter die besluit om die Wet op Kommunikasie no. 8 van 2009 te herroep en te vervang. Dit weens die groot hoeveelheid voorgestelde aanpassings wat uit die konsultasieproses gespruit het.

“Die wysigings aan die Kommunikasiewet van 2009 het afgeskop en konsultasies en wysigings is aan die wetsontwerp aangebring,” voeg Mushelenga by.

Die ICT-ministerie wag op die ministerie van justisie vir die nuwe weergawe van hierdie wet, het Mushelenga uitgebrei.

Frederico Links, ’n senior navorser verbonde aan die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), sê dit is ’n betekenisvolle verwikkeling, “veral omdat hy aandui dat ’n nuwe wetsontwerp amper gereed is. Dit is egter kommerwekkend dat die proses weer eens nie wye openbare konsultasies ingesluit het nie, maar blykbaar beperk was tot ’n uitgesoekte groep belanghebbendes.

“Dit is ’n kwessie waaroor ons steeds krities is, aangesien dit teenstrydig is met die benadering op veelsydige belanghebbendes wat in internetbestuur en tegnologiebeleidsprosesse bevoordeel word, en deur entiteite soos die ITU onderskryf word.

“Hopelik sal die konsep van die nuwe kommunikasiewetsontwerp in die publiek beskikbaar gestel word, sodat ’n breër reeks perspektiewe steeds geïnkorporeer kan word voordat die wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê word,” sê Links.

“Dit is ons siening dat die konsepwette op kubermisdaad en databeskerming wat ons die afgelope jaar of wat gesien het, nie gereed is om ter tafel gelê te word nie, en dat uitgebreide herformulering nodig is om dit in lyn te bring met beste praktyk en beskikbare leiding,” voeg hy by.

Op navraag oor die inagneming van insette by konsultasies het Mushelenga gesê 100 belanghebbendes sal 100 verskillende insette oor ’n enkele kwessie kan lewer.

“Dit beteken nie al die insette sal in die wetsontwerp geakkommodeer word nie. Die regering hou wye konsultasies en verwerk die insette met die oog op praktiese en lewensvatbare voorstelle wat die belange van die meerderheid bevorder,” sê die minister.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%