Minister tjoepstil oor Starlink
Dawerende stilte heers op owerheidsvlak of Starlink volgende jaar in Namibië sy buiging gaan maak of nie.
Ná hoofsaaklik positiewe terugvoer van die publiek oor Starlink in Namibië, het beide die minister van inligting en kommunikasietegnologie en Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) geswyg oor die reëls vir plaaslike eienaarskap waarvan die miljardêr Elon Musk se diens van vrygespreek moet word.
Artikel 46(1) van die Kommunikasiewet 2009 vereis dat enige entiteit wat ’n lisensie van Cran ontvang, nie meer as 49% van sy aandele in die besit van persone of entiteite wat nie-Namibiërs is, mag hê nie. Die uitsondering tot hierdie reël volg in Artikel 46(2) waar die wet uiteensit dat die inligtingsminister ’n entiteit vooraf van hierdie vereiste kan vryspreek.
"Al wat ons vir nou kan sê is dat ons mediaverklaring dit duidelik stel waar ons staan. Indien enigiets verander sal ons dit kommunikeer," het Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, aan Network Media Hub (NMH) gesê.
In die Staatskoerant van 28 November 2025 is ’n aansoek deur Starlink Namibia Internet Services (Pty) Ltd gepubliseer, maar volgens die aansoek is 0% van hierdie entiteit in die besit van Namibiërs, wat hierdie maatskappy se lisensie onderhewig aan uitsondering van die inligtingsminister maak.
Minister Emma Theofelus se kantoor in reaksie op navrae deur Network Media Hub (NMH) oor haar voorneme om hierdie uitsondering vir Starlink te maak, gesê: "Daar is geen aanduiding van die minister van inligting- en kommunikasietegnologie totdat die proses voltooi is soos voorgeskryf in die wet op kommunikasie nie. Verwys asseblief na regulasie 4(7) van die regulasies wat prosedures voorskryf rakende aansoek om, en wysiging, hernuwing, oordrag en kansellasie van spektrumlisensies van die Kommunikasiewet (Wet Nr. 8) van 2009."
MEER STEUN AS TEENKANTING
Cran het altesaam 1 180 skriftelike insette van die publiek ontvang oor Starlink se aansoek om ’n lisensie. Hiervan was 1164 ten gunste van Starlink en 16 was daarteen gekant.
"Onder die ondersteunende en teenkanting-insette was daar 'n aantal wesentlike kommentare wat die aansoeker amptelik sal moet aanspreek as deel van die evalueringsproses," lui ’n verklaring van Cran.
Volgens Nesongano is Cran van plan om sy besluit in die eerste kwartaal van volgende jaar bekend te maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie