Koperdiewe ontwrig dienste
Die diefstal van koperkabels en vandalisme het inwoners en besighede in Doradopark in Windhoek reeds vir meer as ‘n week sonder enige vaste telefoon- en internetdienste gelaat. In ‘n verklaring bevestig Telecom Namibia die voortgesette ontwrigtings en sê tegniese spanne werk onverpoos om dienste weer na normaal te laat terug keer. Volgens Telecom is die herstelwerk weens die omvang van die skade kompleks, maar bly die herstel van konnektiwiteit 'n topprioriteit.
WYDVERSPREIDE ONTWRIGTING
Koperkabeldiefstal het 'n herhalende probleem vir Telecom Namibia-kliënte geword, met voortgesette voorvalle oraloor Windhoek en ook landwyd wat gereelde ontwrigtings in internet- en telefoondienste veroorsaak. Besighede is veral kwesbaar, met die ontwrigtings wat verlies aan inkomste en operasionele vertragings veroorsaak. Huishoudings word ook geraak, met baie inwoners wat noodgedwonge mobiele data moet koop om in kontak te kan bly. Die vandalisme aan infrastruktuur asook koperdiefstal het ‘n uiteenlopende impak op veral gemeenskappe wat die koste moet dra van verlore produktiwiteit en ekonomiese impak daarvan. Kabeldiefstal is meer as 'n tegniese ongerief, maar ook ‘n ernstige maatskaplike en finansiële probleem wat beide besighede en inwoners se daaglikse lewe raak.
ROL VAN DIE POLISIE
Die stadspolisie se woordvoerder superintendent Marcelline Murapo, sê tans is daar buiten vir gereelde patrollies en aanmelding deur die gemeenskap, beperkte meganismes om koperdraaddiefstal te bekamp.
“Ons raai mense aan om nie vermoedelik gesteelde items te koop nie. Ons maak hoofsaaklik staat op gemeenskapslede om ons in te lig as hulle iemand sien wat koperdrade vervoer of verkoop,” het Murapo gesê.
Sy het bygevoeg dat 'n beplande vergadering met alle skrootwerfeienaars met die doel om beheer oor die verkoop van koperdraad te verskerp, nog nie plaasgevind het nie. Dit is egter reeds vir vroeg volgende jaar geskeduleer. Intussen gaan die stadspolisie voort om staat te maak op die inligting van informante en kringtelevisiekameras in sekere gebiede om diefstal op te spoor.
DUUR HERSTELWERK
Volgens Telecom Namibia is groot koperdraaddiefstal besonder duur, met 'n enkele voorval wat dikwels N$100 000 in herstelkoste oorskry. Dit sluit die breër ekonomiese impak uit wat deur onderbrekings van dienste veroorsaak word. Volgens die maatskappy is voorvalle van koperdiefstal geneig is om gedurende die feestyd te styg wanneer dit saam met vandalisme toeneem. Inwoners word versoek om waaksaam te bly en enige verdagte aktiwiteit met betrekking tot kabels, mangate of netwerkinfrastruktuur aan te meld. Dit kan by die Namibiese polisie by 10111, Telecom Namibia se oproepsentrum by 11000, of via WhatsApp by 085 211 1111 gemaak word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie