In die palm van jou hand
Van Uitspeel se tannies wat kuier by Cindy, Gooi Kole se sport en resepte, Aitsa! se kuiers diekant en daaikant van die Oranje tot Klets se gesels oor die dinge wat jou raak, kry jy saam met meer as 200 miljoen kykers per jaar die kans om buiten vir dié Afrikaanse programme nog soveel meer op OneUpTwo te kyk. Met Namibiese gehore wie se kykgewoontes al hoe meer mobiel en interaktief is, verenig OneUpTwo verskeie kanale in ‘n naatlose digitale ruimte vir nuus, vermaak, jeugkultuur, leefstyl en sport en verbreed sodoende die toegang tot Namibië, sy mense en sy stories via oneuptwo.com oor grense heen. Letterlik in die palm van jou hand.
Dit is daarom gepas om op Wêreldtelevisiedag terug te kyk dié medium se vermoë om in te lig, te verbind en te inspireer - van toeka se swart-en-wit-uitsendings tot vandag se digitale ervarings op aanvraag. Met ‘n terugblik onthou ons televisie se nalatenskap, maar ook sy toekoms wat gevorm word deur vernuwing, plaaslike stemme en ook platforms vir die kyker van vandag. Ons vier ‘n medium wat voortdurend ontwikkel en die treë wat Namibië neem vir die skryf van sy volgende televisiehoofstuk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie