Besoek ’n laboratoriumskip die naweek

Die laboratoriumskip Tara is besig met navorsing van die Benguela-seestroom en het vir die naweek in Walvisbaai vasgemeer.

Die bemanning reël toere om die drywende laboratorium aan skole en die publiek bekend te stel.

Tara sal 70 000 km in twee jaar in die Suid-Atlantiese Oseaan, langs die kus van Suid-Amerika en Afrika, na Antarktika aflê.

Tydens die eerste fase van die ekspedisie het die wetenskaplike span Chileense, Brasiliaanse, Argentynse waters bestudeer. Die skip het toe ’n sending in die Weddell See in Antarktika uitgevoer

Hierdie missie, wat deur die Tara Ocean-stigting, die internasionale AtlantECO-program, en wetenskaplike vennote insluitend die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Pretoria en die WNNR ontwerp is, behels 42 navorsingstrukture oraloor die wêreld, om die oseaanmikrobioom en sy interaksies met die klimaat en besoedeling te bestudeer.

In Namibië sal die Tara Ocean-stigting môre en Sondag openbare besoeke op die Tara reël wat by die passasierskaai in Walvisbaai se hawe aangebied word. Gaan na https://my.weezevent.com/tara-in-walvis-bay-public-visites om ’n besoek te reël.

Kommentaar

Republikein 2025-11-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer