5G is hier

Lisensies toegestaan aan MTC, Telecom, NBC met Loc8
Cran beoog om 'n eenheid te vestig om op kuberaanvalle te reageer terwyl Namibiërs meer oor 5G moet leer en hoe om dié tegnologie aan te wend.
Augetto Graig
“In 2021 en 2022 het ons die verspreiding van vals inligting, soos dat 5G gevalle van Covid-19 veroorsaak, gesien. Dit is nie waar nie!”

So het die uitvoerende hoof van die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran), Emilia Nghikembua, gister by Droombos buite Windhoek by ʼn bewusmakingsveldtog gesê.

Die veldtog het ten doel om Namibiërs in te lig oor die verskeie voordele van verbeterde kommunikasietegnologie en ook om waninligting oor 5G te bekamp.

Sy het klem daarop gelê dat die radioseine wat vir 5G gebruik word, dieselfde is as dié wat vir televisiestelle en algemene 3G-selfone gebruik word.

“Studies deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het 5G goedgekeur en gevind dat kortgolf-bestraling binne een meter van die basisstasie verdwyn.

“Verder, oor die lang termyn, sou blootstelling aan veelvuldige X-strale of ure in die son meer skade aanrig,” het sy bygevoeg.

Nghikembua sê 5G-tegnologie benodig meer basisstasies terwyl seine meer data op korter golflengtes bevat. Dit maak plek vir meer verkeer en die koppeling van meer toestelle, wat die kommunikasie tussen persoon tot persoon, of persoon tot masjien, of masjien tot masjien verbeter.

“Toegang tot inligting in werklike tyd, afstandbeheer van toestelle, dit is hier en dit is nou,” sê sy.

In September, ná ’n bandwydte-veiling, het Cran 5G-lisensies en -spektrum aan Telecom Namibia, MTC en ’n gesamentlike onderneming tussen die NBC en Loc8 Mobile toegeken.

Die spektrum is ingevolge die betrokke ondernemings se besigheidsplanne toegeken en dié telekommunikasie-operateurs het 12 maande om hul infrastruktuur te begin uitrol, het Nghikembua gesê.

“Ons probeer altyd om universele dekking te bevorder en dus het elke lisensie ook verpligtinge, soos om ook die 4G-netwerk in streke waar minder as 80% van inwoners dit gebruik, te verbeter. Dit sluit die Kunene, Kavango-Wes, Otjozondjupa en Omaheke in,” sê sy.

Verder vestig Cran ook ’n eenheid om op kuberaanvalle te reageer.

“Soos ons tegnologie verbeter, beskerm ons ook burgers teen kubermisdaad,” sê sy.

Die owerheid se mandaat is uitgebrei om hierdie nuwe funksie in te sluit en die regering het vir ’n reaksiespan begroot, voeg sy by.

Die adjunkvoorsitter van die Cran-raad, Elvis Nashilongo, het gesê die bekendstelling van 5G is ’n integrale deel van Namibië se strewe om digitaal uit te brei “deur ultra-vinnige internetspoed en min vertraging, op ’n reuseskaal, wat verskeie bedrywe sal revolusioneer”.

“Met die goedkeuring van die 5G-strategie het die kabinet kennis geneem dat die regering die oorbrugging van die digitale gaping tussen stedelike en landelike gebiede moet prioritiseer, kommunikasiekoste moet verminder en burgers bemagtig, terwyl nywerhede die verlangde ruimte ontvang om deur ontluikende tegnologieë te innoveer,” sê hy.

Nghikembua het ook die uitfasering van 2G-tegnologie by die geleentheid aangekondig.

“Ons het in Augustus met operateurs beraadslaag oor die toekenning van spektrum en saam besluit om 2G uit te faseer.

“Nou ontwikkel ons die strategie daarvoor. Ons weet baie mense is nog afhanklik daarvan en die beskikbaarheid en bekostigbaarheid van nuwe toestelle is ook ’n groot punt van kommer vir die reguleerder.

“Ons het nodig om ons mense saam te bring asook die universele toegang tot bekostigbare toestelle.

“Ons betrek beleidmakers om te sien hoe koste verminder kan word, soos byvoorbeeld in terme van belasting, maar ons moet ook verseker dat mense die kennis het om die nuwe tegnologie te kan gebruik,” sê sy.

Verder doen sy ’n beroep op die ministerie van handel en nywerheid om die nuwe wetsontwerp op verbruikersbeskerming waaraan die ministerie tans werk, te versnel.

“Diensverskaffers moet verantwoordelikheid neem en daar is werklik ’n groot behoefte om verbruikersbeskerming en -bewusmaking te bespoedig,” sê sy. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%