Drie swemmers jaag drome in Gqeberha

Swem
Andrew Poolman

Die Namibiese Watersportfederasie (Nasfed) is trots op drie van sy swemmers – Luke Beukes, Keila De Oliveira en Jessica Humphrey – wat van 14 tot 18 April aan die Suid-Afrikaanse senior nasionale swemkampioenskap in Gqeberha in die Oos-Kaap deelneem.

Hoewel klein in getal, weerspieël hierdie span die toewyding, veerkragtigheid en gees van die land se watersportgemeenskap. Hul kwalifisering is 'n bewys van jare se harde werk en passie vir die sport.

Die federasie het sy hartlike waardering uitgespreek teenoor hoofafrigter Jörn Diekmann vir sy leierskap en leiding, asook aan Angelika Diekmann vir haar onvermoeide ywer agter die skerms – van papierwerk tot tallose ongesiene take wat so ‘n toer moontlik maak.

'n Spesiale woord van dank is ook aan ons borge OTB Sport, Hydroweld en FNB Namibia uitgespreek. “Jul vrygewigheid verseker dat ons atlete op hierdie vlak kan meeding. Ons kan nie hierdie toere aanpak sonder die ondersteuning van sulke vrygewige harte nie, en ons is innig dankbaar dat julle agter ons staan.

“As Nasfed vier ons hierdie atlete nie net vir hul prestasie nie, maar ook vir die trots en inspirasie wat hulle na ons federasie en gemeenskap bring. Ons wens hulle sterkte, moed en sukses toe terwyl hulle hierdie gesogte kampioenskap aandurf.

Kommentaar

Republikein 2026-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer