The Annual Ace
The Annual Ace

Kolhou vir kinders

-
-
Henriette Lamprecht

Die setperk, gholfstokke en joggies is gereed om op 27 Februarie af te slaan by die Windhoek Gholfklub vir een van Namibië se mees gesogte geleenthede waar elke speler en hou so hul deel vir liefdadigheid doen. 

The Annual Ace 2026 wat homself gevestig het as  moet op die jaarlikse sportkalender is sinoniem met kompeterende spel, opwindende pryse vir ’n kolhou en die belangrikste van  alles  sterk maatskaplike boodskap van dien. 

Power Line Africa is The Annual Ace 2026 se Legacy Ace Partner en wie se voortgesette ondersteuning ’n sleutelrol gespeel het in die groei en impak van die jaarlikse toernooi en die African Child Development Trust (ACDT).

Om te mik vir  kol- eerder as ’n brou- of  ploeghou, sorg vir pryse van Castle Lite en XCO, met nog pryse wat op  latere stadium aangekondig sal word. Bykomende vennote vir The Annual Ace 2026 sluit in DZ Golf, Bartsch Architects, Miko Coffee, Synergi Group, en Pupkewitz Motors. Alle geld wat tydens die toernooi ingesamel word, ondersteun die ACDT Education Project. So help elke swaai van ’n gholfstok op die dag om in Namibië se toekoms te belê.

Van  arend tot  albatros en  plofhou tot  krulslag, skryf nou jou  span in om so jou deel vir Namibië se toekoms te doen. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Kommentaar

Republikein 2026-02-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer