Japanner, Oostenryker oorwin die Namib
Die wenners van die Namib Race 2026 van die Racing The Planet se 4 Deserts Ultramarathon-reeks het Saterdag op Swakopmund die eindstreep gehaal. Ná ’n veeleisende week deur die Namibwoestyn, is Japan se Takuro Kumagai as algehele kampioen gekroon en Oostenryk se Michaela Punz-Raml het die vrouetitel ingepalm het. Die moordende ultramarathon oor ses skofte het op Sondag 16 Augustus met 128 deelnemers uit 37 lande weggespring wat 240 kilometer deur soutpanne, oor duine en rotsagtige terrein moes aandurf. Foto’s verskaf


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie