FOTO VERSKAF
FOTO VERSKAF

En die wenner is...

-
-
Dani Booysen

Zaza Koorts van Karstveld Akademie op Grootfontein is die wenner van AfriWallet se prys van N$1 000 in NTV Afrikaans se idiomespel by Napso se Securitas Privaatskole-sportweek in Swakopmund.

Sy het die idioom “die pot aan die kook hou” getrek en behoorlik geswoeg met die lepel in haar stomstreekopvoering.

Zaza se video het meer as 13 000 kyke op Facebook gekry en ‘n reikwydte van meer as 11 000 behaal.

Sy is in graad 10 en haar gunstelingvak is wiskunde. Zaza het skaak en netbal by die sportweek gespeel.

Haar reaksie met die wenoproep was: “Ek is baie opgewonde. En ek is geskok!”

#napsopsn2026 #NTVAfrikaans #saakmaaklekker #speelsaamleersaam #napsoafrikaans

Kommentaar

Republikein 2026-06-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer