Emilia verower harte in Duitsland
Namibië se ritmiese gimnas, Emilia Ekandjo, het die land vir die tweede agtereenvolgende keer by die 42ste Ritmiese Gimnastiek-wêreldkampioenskappe in Frankfurt am Main in Duitsland verteenwoordig. Sy is vergesel deur Windhoek ritmiese gimnastieklub se hoofafrigter Wietsa Snyman en ritmiese gimnastiekpresident Britt Adonis-Byl, wat ook as ’n Brevet-beoordelaar by die kampioenskappe opgetree het. Alhoewel Ekandjo die eindronde misgeloop het, het sy waardevolle ondervinding opgedoen deur saam met 349 van die wêreld se topgimnaste uit 72 lande mee te ding. Boonop was Emilia so gewild onder bewonderaars, dat sy haar handtekening moes uitdeel. FOTO’S FOTO HUEBNER


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie