Dis afskoptyd!
Afrigters en verteenwoordigers van hoërskole in Namibië het gister by die Hage Geingob-stadion in Windhoek saamgetrek vir die amptelike bekendstelling van vanjaar se Momentum-rugbyliga vir hoërskole (NSSR). Saam op die foto is Octavia Tsibes, uitvoerende direkteur van My Zone en Denille Roostee, Momentum se uitvoerende hoof vir bemarking. Momentum borg die afgelope vyf jaar die skole se rugbyliga wat in die 2025-seisoen ‘n totale gehoor van 4,5 miljoen mense bereik het. My Zone en die NSSR het verlede jaar ’n vyfjaarvennootskap ter waarde van N$2,5 miljoen aangegaan om skolerugby landwyd te versterk.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie