Tydren verg vasvat by Gobabis
Motorsport
Die Shell V-Power Gobabis-tydren het die afgelope naweek van die land se beste motorsportjaers na die oostedorp gelok. Allan Martin en Rian Kritzinger het onderskeidelik algeheel die sedan-afdeling (S4) en veldkompetisie (CR2) ingepalm.
Die spreekwoordelike Gobabis-bul (teëspoed) was redelik rustig met dié byeenkoms en het net een slagoffer geëis. Paul Ackermann en Walter Kinnear kon ongelukkig nie een sneldeel voltooi nie.
Elk van die vyf sedankarre het die tydren voltooi, terwyl nege van die tien spanne in die veldafdeling suksesvol was.
Allan Martin en sy navigator, Maretha Olivier, het die 101 kilometer en tien spesiale sneldele in een uur nege minute en 25 sekondes afgeblits om die S4-klas te wen en algeheel eerste in die sedan-afdeling te eindig.
Wido Bartsch en Raymond Fourie was algeheel tweede en so ook in die S4-klas met 1:13:57 op die stophorlosie. Zachary Martin en Anique Schoeman het die S2-klas in 1:18:37 opgeraap en algeheel derde geëindig.
Kai Pretorius en Pieter Greeff was in ‘n hewige tweestryd in die S1-klas gewikkel. Kai en Katja Pretorius het egter dié kompetisie in 1:25:47 gewen. Pieter en JP Robinson was ongelukkig om in die sewende spesiale sneldeel ‘n geruime tyd weens die omruiling van ‘n pap band te verloor. Hier was hulle tweede in 1:29:29, maar elders baas in agt van die tien sneldele.
Veldafdeling
Stefan Labuschagne van Gobabis het ná etlike jare ‘n welkome terugkeer na tydrenne gemaak. René Botha was sy navigator in die CR2-afdeling vir vierwielaangedrewe voertuie waar hulle eindelose brandstofprobleme met Stefan se nuut geboude V8-JAC gehad het.
CR2-klas
Rian Kritzinger-hulle was opnuut doenig met Etienne van der Heever en navigator Willy van Wyk aan die voorpunt van die CR2-kompetisie. Etienne eindig tweede in dié afdeling en is ook algeheel tweede in 1:09:18.
Rian het nege sneldele opgeraap en was met 1:06:35 die vinnigste span van die byeenkoms. Ruaan Viviers en Cecil Koorts neem algeheel die derde posisie in en eindig ook derde in die CR2-klas met 1:11:58.
CR1-klas
Ekko Eisenberg en Horacio Rietz se eerste plek (1:20:25) in die CR1-kompetisie vir tweewielaangedrewe voertuie, was nie ‘n verrassing nie. Die duo lewer die afgelope paar jaar konstant puik vertonings in dié klas.
Michel Rust en Chantell Taljaard (1:28:27) eindig tweede met Michael en Darius Kotze derde (1:32:08).
Die voorste uitslae
S-klas algeheel: 1 Allan/Maretha (Walvisbaai-motorkkub, WBMK), 2 Wido/Raymond (WBMK), 3 Zachary/Anique (WBMK).
S4-klas (4x4): 1 Allan/Maretha (Skoda R5), 2 Wido/Raymond (Toyota Yaris).
S2-klas: 1 Zachary/Anique (VW Polo).
S1-klas: 1 Kai/Katja (Toyota Corolla, Windhoek-motorklub, WMK), 2 Pieter/JP (Toyota Corolla, WBMK).
Veldafdeling
Algeheel en CR2 (4x4): 1 Rian/Dalton (V8-Ford Ranger, WMK), 2 Etienne/Willy (V8-BAT Venom, WBMK), 3 Ruaan/Cecil (V8-Renault Duster, WMK), 4 Werner Bartsch/Christel Fourie (1:17:18, V8-Landrover, WBMK), 5 Stefan Labuschagne/René Botha (1:20:16, V8-JAC, WMK).
CR1-klas: 1 Ekko/Horacio (V8-JAC, WMK), 2 Michel/Chantell (Nissan NP300, WMK), 3 Michael/Darius (1:32:08, Toyota Hilux, WMK), 4 SJ Schoeman/Chané Havenga (1:39:49, Toyota Hilux GD6, WBMK).
Vinnigste drie spanne van die kompetisie: Rian/Dalton (1:06:35), Etienne/Willy (1:09:28), 3 Allan/Maretha (1:09:25).
• Die sesde en laaste rondte van die Namibiese nasionale tydrenkampioenskap sal aanstaande maand by Swakopmund deur die Walvisbaai-motorklub aangebied word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie