Taai drie weke wag op Le Roux
Die Namibiese swemmer Corné le Roux het gister aan World Aquatics se Wêreldbekerreeks in Azerbaijan begin deelneem. Die 24-jarige Le Roux, wat aan die Universiteit van Pretoria in Suid-Afrika studeer en oefen, se toer van drie Wêreldbeker-swembyeenkomste sluit Bakoe in Azerbaidjan (1-3 Oktober), Tasjkent in Oesbekistan van 8-10 Oktober asook Astana in Kazakstan (15-17 Oktober) in. Gister in Bakoe het Le Roux in die kortbad (25 meter) oor vier afstande in die vryslag meegeding (50m, 100m, 200m en 400m). Die Namibiese Watersportfederasie (Nasfed) wens vir Le Roux alle voorspoed toe in sy deelname aan hierdie opwindende internasionale uitdaging.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie