Seuns en meisies vir toer na Kroonstad gekies
Ná afloop van suksesvolle proewe in Windhoek die afgelope naweek het Jukskei Namibië ses junior spanne bekendgemaak wat die land van 5 tot 12 Desember by Suid-Afrikaanse junior kampioenskap op Kroonstad in Noord-Vrystaat gaan verteenwoordig.
Drie seunspanne, twee meisiespanne en een gemengde span is ná afloop van Saterdag se Christie Horn junior toernooi by Jukskeipark in Olympia saamgestel.
Op laerskoolvlak is vier spanne bekendgemaak, asook twee o.19-hoërskoolspanne.
Privaatskool Moria het die hoërskoolafdeling met 39.5 punte gewen teen Windhoek Affies se meisies (31.0), met Keetmanshoop Privaatskool derde (22.5).
Pro-Ed Akademie III was die wenspan in die laerskole se kompetisie (69.5 punte, met Pro-Ed II tweede (63.5) en Windhoek Affies se meisies derde (63).
Voortrekkers Seuns (264 punte) het die tjokkerdag teen Elnatan Seuns (tweede, 261) en Windhoek Affies Geel (236) beklink.
Die verkose spelers vir die toer in Desember is soos volg:
Namibië O.13 seuns Laerskole Raad- en Napso-span: Brent Serfontein (Privaatskool Moria), Bêrend Blom (Privaatskool Moria), LJ van Aswegen (Windhoek Affies), Xanco La Cock (Windhoek Affies). Reserwe: Meyer van Antwerpen (Pro-Ed Akademie). Afrigter: Elsa-Mare Blom.
Namibië O.13 meisies Laerskole Raad- en Napso-span: Amalia Hansen (Windhoek Affies), Anke Coffee (Keetmanshoop Privaatskool), Tiahna Brink (Windhoek Affies), Salizca Nieuwoudt (Privaatskool Elnatan). Reserwe: Zilke Coetzer (Pro-Ed Akademie). Afrigter: Maryna Hansen.
Namibië Laerskole ontwikkelingspan 1 (gemeng): Zane la Cock (Windhoek Affies), Zivan Coetzer (Pro-Ed Akademie), Janco Jacobs (Pro-Ed Akademie), Lisa van der Merwe (Windhoek Affies). Reserwe: Tenley Serfontein (Privaatskool Moria). Afrigter: Sal bevestig word.
Namibië Laerskole ontwikkelingspan 2 (seuns): Altus Langeveldt (Pro-Ed Akademie), Abri Sass (Pro-Ed Akademie), Rouxhard Tredoux (Alludio), Jan-Andries Brink (Privaatskool Moria), Barend Brink (Privaatskool Moria). Afrigter: Gerhard Tredoux.
Namibië O.19 seuns Hoërskole Akademie- en Napso-span: Christian Muller (Privaatskool Moria), Liam Serfontein (Privaatskool Moria), Gustav Human (Windhoek Affies), Gerber Coetzee (Windhoek Affies). Reserwe: Jan Henrik Coetzee (Pro-Ed Akademie). Afrigter: Jurie Engelbrecht.
Namibië O.19 seuns Hoërskole Akademie- en Napso-span: Karike Hugo (Windhoek Affies), Maunique Hansen (Windhoek Affies), Lee-Dré van Aswegen (Windhoek Affies), Luné van Taak (Windhoek Affies). Reserwes: Juane Baard (Pro-Ed Akademie), Dune Cofee (Keetmanshoop Privaatskool).


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie