Resiese op Rehoboth ywerig afgewag
Perderesies
Rehoboth se perderesiesbaan is gereed om komende Saterdag vanaf 09:00 die Standard Bank Alex Angermund resiesdag aan te bied.
Angermund Racing is in 2012 gestig en Standard Bank het reeds vanaf die volgende jaar as ‘n borg toegetree. Die jaarlikse resiesdag word in herdenking van die bekende familie in perderesies se pa en oupa, Alex Angermund, aangebied.
Die totale prysgeld vir komende naweek se byeenkoms beloop N$200 000.
Perde van so ver as Keetmanshoop, Otjinene en Okahandja is ingeskryf.
Die organiseerders verwag ongeveer 50 Nambred (Namibies geteelde) en 40 volbloedperde.
‘n Verwagte gunsteling sal die resies tussen twee Namibies geteelde perde wees – Bokkie van Angermund Racing en Katiti Komambo van Okahandja Racing.
Ook in die A-afdeling is perde soos Boma van Harambee Racing, Lady Diamond van Aminius Racing, Resolution 435 van Tallismanus en Bin Laden van Professor Supporters Club. Dié perde sal meeding oor ‘n afstand van 1400 meter as hoofresies vir die dag.
In die Standard Bank Alex Angermund resies oor ’n afstand van 1400 meter sal perde soos onder meer Unbroken Promises van Eamon Freygang, Power Surge van Khomas Turf Club, Earl of Cardigan van Otjinene Supporters Club, Chief Helmet van Otjinene Supporters Club, Peejay van Sakkie Burger, Wylie Raylie WT Racing, Vang en Los van Okahandja Racing meeding.
Oor die langer afstand van 1800 meter sal perde soos Imperial Ruby van Okahandja Racing, Starlito van Okahandja Racing, Equery van Otjinene Supporters Club en Whisper van Southern Horse Racing vir die prysgeld meeding.
Hekke open om 09:00. Ingangsfooie beloop N$50 vir volwassenes, N$20 vir kinders en N$50 per koelboks. Betalings by die hek sal alleenlik deur die PayPulse-toepassing hanteer word.
Braaivleis, braaibrood, hotdogs, koeldrank en bier sal van die verversings wees wat te koop aangebied word.
Hoë gaste van die ministerie van onderwys, innovering, jeug, sport, kuns en kultuur is genooi, asook van die owerhede van die Hardapstreek en Rehoboth-dorpsraad en lede van die Namibiese Perderesiesvereniging (NHRA).
Veeartse vanaf Neudamm Universiteit sal teenwoordig wees om na die volgehoue welsyn van die perde om te sien.
Die organiseerders bedank opnuut hul borge – vernaam die hoofborg Standard Bank in samewerking met PayPulse; Angermund Transport, Herman's Technology Civil Works, Andrew & Son's Pty (Ltd), Okahandja Racing, Agrimark, E-360 Medical & Trauma Assistance, Lake Oanob, Super Tyres en Volkswinkel Spar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie