Nog twee pare van Omeya vorder

Gholf
Saterdag het Omeya-gholfklub rondte 4 van sy kwalifisering vir die King Price Internasionale Parespel aangebied, met nog twee pare wat vir die streekfinaal gekwalifiseer het.

Die klub wens al die wenners geluk en spreek dank uit teenoor King Price en Castle Lite vir hul ondersteuning. Die voorste uitslae:

1 Chris Claassen en Riaan Schwartz (46).

2 Jared Matthews en Albert de Klerk (45).

3 Greg Wise en Jacques van der Merwe (42).

Pryse vir houe naaste aan die pen is deur Jorg von Kunow (putjie 4) en Mary-Ann Boltmann (putjie 17) ingepalm.



WINDHOEK-KLUB

Die Windhoek-gholfklub het laas naweek die derde van agt Monthly Medal-kompetisies aangebied, wat meer as 50 entoesiastiese spelers na die baan gelok het.

Die opwinding en gees van mededinging het tot ‘n paar besondere tellings aanleiding gegee. Verskeie spelers het rondtes onder baansyfer aangeteken. Die hoogtepunt van die dag was die algehele wenner Evelyn Paulino se merkwaardige wentelling van sewe onder baansyfer.

Die voorste uitslae (alles netto tellings):

A-afdeling: 1 John Williams (71), 2 Fergusson Paulse (71), 3 Likius Nande (72).

B-afdeling: 1 Aldo Beukes (72), 2 Rochel Celliers (74), 3 Claud Abrahams (75).

C-afdeling: 1 Wisdom Moyo (68), 2 Tommy Nangombe (69), 3 Simbarashe Chilanga (74).

Vroue: 1 Lucy Mohale (65), 2 Hansina Hinda (77), 3 Celonika Robinson (78).

Kommentaar

Republikein 2025-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer