Namibiërs veg voort in Gravel Burn-toer
Bergfietsry
Die vierde skof van die Nedbank Gravel Burn bergfietstoer in die Wes-Kaap (bykans 800 kilometer in sewe dae) het gister heel goed vir die deelnemende Namibiërs afgeloop.
Hoewel Alex Miller en Martin Freyer straks ietwat hoër verwagtinge in die professionele mansresies gekoester het, was beide steeds in respektabele posisies met die halfpadmerk van die toer wat reeds oorgesteek is.
Miller (Swatt Club-span) en Freyer (Hollard Namibia) is ná gister se skof onderskeidelik 18de en 19de op die algehele klassifikasie van die professionele mansresies.
Hul tydverskil is onderskeidelik sowat 49 en 50 minute agter die algehele voorloper, Matt Beers van Suid-Afrika.
Ná Dinsdag se gedugte derde skof het Miller op sosiale media verklaar: “Ek sou jok as ek sê ek is in hierdie stadium nie teleurgesteld in myself nie. Iets is fout en ek weet nie wat dit is nie. Vier dae bly nog oor en ek probeer positief bly en die atmosfeer hier geniet.
“Om deur die Karoo resies te jaag, is spesiaal en die Gravel Burn se span verrig sover ‘n uitmuntende taak.”
Voorlopers
• Drikus Coetzee en Melissa Hinz het intussen beide hul posisies in die voorlopertruie in hul onderskeie ouderdomsklasse verstewig.
Coetzee (mans 19-34 jaar) is tans reeds meer as een uur voor sy naaste uitdager, Verster Venter van Suid-Afrika, nadat die Namibiër sover 13 ure 48 minute in die fietssaal deurgebring het.
• Melissa Hinz (vroue 40-44 jaar) se voorsprong is meer as 23 minute met die Suid-Afrikaners Anneke Lund en Janine Muller as haar naaste opposisie.
• In die mansresies vir 40-44 jaar bevind Ingram Cuff, wat die dag tevore tydens skof 3 die voorlopertrui gedra het, hom nou in die derde posisie, nagenoeg 19 minute agter die voorloper Erik Kleinhans van Suid-Afrika.
• Die meestersryer Frank Snyman (mans 60-64) is ook stewig geplaas in sy ouderdomsgroep, naamlik in die derde posisie op die algehele klassifikasie ná vier skofte. Sy algehele tyd van 16 ure 22 minute sover plaas hom 18 minute agter die voorloper Mario Kummer van Duitsland.
• Namibië se tweemalige Olimpiese fietsryer Dan Craven tree as een van die resies se tegniese beamptes op.
Volgende
Skof nommer vyf vandag (Donderdag) streek oor die tweede langste afstand (137 km), wat deur Vrydag se 144 km oortref word.
Vandag se roete begin by Blaauwater en eindig by Merino Farm en sluit ‘n uitmergelende 1580 meter se klimwerk in.
Vrydag se voorlaaste skof 6 van 144 km het selfs nog meer klimmeters (1700) wat vanaf Merino Farm tot by Gwanishi strek.
Die toer eindig Saterdag by die Shamwari Private Game reserve in die Oos-Kaap ná die laaste skof van 112 km (1250 km se klimmeters).
• Kyk gerus op die Gravel Burn se YouTube-kanaal na die skouspelagtige hoogtepunte sover deur die natuurskone Karoo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie