MX by Swakop lewer puik aksie
Die sesde rondte van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap is die afgelope Saterdag met groot welslae op Swakopmund afgehandel.
‘n Stewige veld met 52 jaer in nege onderskeie klasse het die toeskouers met puik vernuf met topaksie bederf.
Die King of the Dirt-kompetisie aan die einde van die dag was opnuut die hoogtepunt waar die algehele beste 16 deelnemers die toeskouers vermaak het. Ses deelnemers met daglisensies het die byeenkoms benut om te wys dat hulle nie ‘n tree vir die ryers met lisensies van die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF) hoef terug te staan nie.
Slegs deelnemers met NMSF-lisensies kwalifiseer om punte vir die Namibiese kampioenskap te verdien.
Mark Sternagel het die MX 1-klas, asook die King of the Dirt ingepalm. Emma Stranghöner is nuut in die sport en die enigste deelnemertjie in haar 50 cc-klas.
Ander jaers wat hul klasse gewen het, was Sebastian Pack (50 cc), Mason Meyer (65 cc), Leander Metzger (85 cc en junior 125 cc), Thimo Martens (klubmans), Gero Friederich (MX 2), Olaf Pack (veterane) en Mincke Kruger (vroue).
Voorlopige uitslae en punte
50 cc, meisies (een): 1 Emma Stranghöner (daglisensie).
50 cc, seuns (ses inskrywings): 1 Sebastian Pack (72 punte), 2 Jannie Louw (69), 3 Louw Schoeman (60), 4 Liam Parreira (daglisensie), 5 Wynand Viviers (54), 6 Steven Kleynhans (52).
65 cc (elf ryers): 1 Mason Meyer (70), 2 Delmar du Plessis (66), 3 Carter Bouwer (65), 4 Markus Pack (57), 5 Duhan Hefer (53), 6 Maximillian Skutsch (51), 7 Keanu Strauss (46), 8 Nicky Strauss (45), 9 Sebastian Skutsch (44), 10 Duane Parreira (daglisensie), 11 Oliver Mathews (0, nie klaargemaak nie).
85 cc (agt ryers): 1 Leander Metzger (75), 2 De Wet du Plessis (64), 3 Stiaan Hefer (62), 4 Conner Bouwer (57), 5 Paul Mans (53), 6 Riaan van der Hoven (52), 7 Felix Wittreich (48), 8 Oliver Mathews (kon nie jaag nie).
Junior 125 cc (drie): 1 Leander Metzger (75), 2 Vincent Griebel (66), 3 Marco Lindemeier (60).
Vroueklas (vier): 1 Mincke Kruger (75), 2 Melanize Oberholzer (66), Zoë Waldschmidt (60), 4 Maike Bochert (57).
Veterane (ses): 1 Olaf Pack (70), 2 Martin Kruger (66), 3 Heiko Stranghöner (64), 4 Sigi Pack (58), 5 Jörg Stranghöner (54), 6 Tertius Joubert (34).
Klubmans (drie): 1 Thimo Martens (daglisensie), 2 Jos Diekmann (daglisensie), 3 Morné Jacobs (62).
MX 2 (drie jaers): 1 Gero Friederich (75), 2 Nils Elmering (66), 3 Markus Muller (20).
MX 1 (sewe jaers): 1 Mark Sternagel (75), 2 Jarno Metzger (66), 3 Juan de Vos (58), 4 Tommy Gous (54), 5 Marcel Henle (40), 6 Sanene Wittreich (18), 7 Björn Bierbrauer (0, nie klaargemaak nie).
King of the Dirt: 1 Mark Stenagel, 2 Jarno Metzger, 3 Leander Metzger, 4 Juan de Vos, 5 Gero Friederich, 6 Tommy Gous, 7 Martin Kruger, 8 Vincent Griebel, 9 Heiko Stranghöner, 10 Olaf Pack, 11 Nils Elmering, 12 Marco Lindemeier, 13 Sigi Pack, 14 Jörg Stranghöner, 15 Tertius Joubert, 16 Thimo Martens (nie klaargemaak nie).
Die sewende rondte van die Namibiese nasionale kampioenskap vind op Saterdag 17 Oktober by Omaruru plaas.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie