Meer skietgoed teen Algerië beskikbaar
Rugby
Die aankondiging van die Namibiese 23-tal word vandag verwag.
Twee van Namibië se invloedryke losvoorspelers, Wian Conradie en Richard Hardwick, is beide in berekening om vir komende Sondag se deurslaggewende semifinaal van die 2025 Rugby Afrika-bekertoernooi in Kampala oorweeg te word.
Namibië sal sake teen Algerië uitspook, voordat die huidige titelhouer Zimbabwe vir Kenia die stryd aansê vir die voorreg om op 18 Julie in die eindstryd te speel.
Met net die kontinentale kampioen van 2025 verseker van kwalifisering vir die 2027 Wêreldbeker sal geen van die spanne onder enige illusie wees van wat op die spel is nie.
Die 30-jarige Conradie (New England Free Jacks) en 31-jarige Hardwick (Grenoble, Frankryk) is twee van die land se hoëprofiel spelers wie se professionele klubspanne beide in hul pas afgelope seisoene puik presteer het.
Die Free Jacks het die VSA se Major League Rugby vir die derde jaar op ‘n streep gewen, met Conradie en die Namibiese senter Le Roux Malan wat beide ‘n sentrale rol in dié historiese mylpaal gespeel het.
Hardwick se Grenoble-span het boaan die Franse Pro D2-puntelys klaargemaak, maar sonder hom het hulle in die eindstryd teen Montauban verloor en daarna ook in die promosie-relegasiewedstryd teen Perpignan om na die Top-14 bevorder te word.
Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie, maar Namibië se hoofafrigter Jacques Burger sal waarskynlik verlig wees om sy ervare groot kanonne as opsies beskikbaar te hê vir die allerbelangrike stryde wat voor wat voorlê.
Die aankondiging van die Namibiese 23-tal vir die wedstryd word vandag verwag. Sover bekend is daar geen kommer rakende beserings aan enige van die spanlede wat in afgelope Dinsdag se oorwinning met 55-17 teen Senegal betrokke was nie.
Die Namibiese plaasvervangersbank het teen Senegal uitgeblink om met 'n vyftigtal die uitslag bo alle twyfel te stel.
Algerië het ewe gemaklik oor sy eerste hekkie geseil deur die Ivoorkus met 41-6 uit te skakel (rustyd 8-6).
Die Algeryne het ses drieë teen vier gedruk en het gewys dat hulle met tye tot baie goeie rugby in staat is. Met hul swaar agttal wat sterk dryfspel kan lewer en met gewillige agterspelers (veral ‘n sterk geboude buitesenter) sal Namibië die belangrike periodes reg moet hanteer.
Namibië en Algerië se paaie het nog nie tevore in toetsrugby gekruis nie en Saterdag se ontmoeting is dus hul eerste.
Algerië het by die 2022 Rugby Afrika-bekertoernooi in Frankryk vir die eerste keer in die “A-afdeling” sy stem begin dik maak, deur eers vir Kenia met 33-36 groot skrik te maak en daarna die bronsfinaal teen Zimbabwe te wen (20-12).
Verlede jaar in Kampala het die Noord-Afrikane vir Kenia in die semifinaal uitgeskakel (20-12), maar kon in die eindstryd nie die spoed en vaardigheid van Zimbabwe baasraak nie (3-29).
Saterdag se bepalings in Kampala, Uganda
(Afskoptye in Namibiese tyd)
Plaatsemifinaal: Ivoorkus tn Senegal, 09:00. Skeidsregter Stephane Rakotoniraini (Madagaskar).
Plaatsemifinaal: Marokko tn Uganda, 11:00. Skeidsregter Benjamin Beuriot (Frankryk).
Semifinaal: Algerië tn Namibië, 13:00. Skeidsregter Sylvain Mane (Senegal).
Semifinaal: Zimbabwe tn Kenia, 15:00. Skeidsregter Ronald Wutimber (Uganda).
Alle wedstryde word regstreeks op die Facebook-blad en YouTube-kanaal van Rugby Afrique gebeeldsend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie