Mboma boaan die lys van trekpleisters

Atletiek
Die eer om 'n nasionale kampioen te wees en vir groter wêreldbyeenkomste te kwalifiseer, is wat die naweek op die spel is.
Tielman Van Lill
Atletiek Namibië se senior nasionale atletiekkampioenskap die komende naweek by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek sal opnuut die land se bestes en hoopvolles na die hoofstad lok vir ‘n opwindende program van baan- en velditems.

Junior atlete wat hul visier op die o.20-wêreldkampioenskap in Lima, Peru, ingestel het, sal die Namibiese senior kampioenskap met groot ywer aandurf. Hul uitslae sal as maatstaf dien van hoe ver of naby hulle is om vir die Lima-skouspel in Augustus te kwalifiseer.

Die Namibiese kampioenskap begin Vrydag om 13:30 met die uitdunne vir die 100 meternaellope vir vroue en mans en sluit ná 18:00 met die 200 m-uitdunne af.

Saterdagoggend nege-uur is die 5 000 m vir vroue en mans eerste op die program, gevolg deur die 200 m-finale vir beide geslagte teen 10:00. Die finale gordyn sal oor die kampioenskap sak sodra die opwindende 100 m-finale ná 14:00 afgehandel is.

Christine Mboma, Namibië se Olimpiese 200 m-silwermedaljewenner en o.20-wêreldkampioen, sal aan die Namibiese senior kampioenskap deelneem. Mboma kan moontlik vir die 100 of 200 m haar spykerskoene aantrek, met hoë verwagtinge van ‘n tydige internasionale terugkeer in hierdie Olimpiese jaar.

Drie atlete wat moontlik vir die 2024 o.20-wêreldkampioenskap kan kwalifiseer, is Marten Nghililewanga (100 en 200), Heinrich Geldenhuys (gewigstoot en diskusgooi) en Nicholas du Plessis (110-hekkies en 400).

Nghililewanga sal beslis sy merk die komende naweek wil maak, maar Du Plessis (beseer) en Geldenhuys sal nie deelneem nie. Die 100, 200, 400 en 800 m vir mans sorg gewoonlik vir goeie kykgenot, terwyl Mboma se terugkeer hernude opwinding by ondersteuners sal aanvuur.

Beatrice Masilingi, Olimpiese 200-finalis in Tokio 2021, kan moontlik eers vroeg in Junie die regmerkie van Wêreldatletiek kry om weer amptelik in die 100 en 200 te kan hardloop.

David Dam het sover vanjaar redelik vordering in sy terugkeer tot die 800 gemaak. Volgens Bethold Karumendu, sy afrigter, is Dam besig met ‘n nuwe oefenprogram om sy spoed te verbeter. Hy het vanjaar in die volgorde van sy byeenkomste 1 minuut 50.46 sekondes, 1:49.23, 1:47.50 en onlangs 1:47.42 in Ghana by die Afrika-spele aangeteken.

Hopelik kan Dam die naweek deur die 1:46-grens breek.

Dit sal interessant wees om te sien of enige mansatlete vir die 5 000 gaan opdaag. Verlede jaar met die senior kampioenskap was Daniel Paulus nog met opleiding by die gevanggenisdienste besig en dus afwesig.

Met Paulus se fiksheid en uithouvermoë skort niks. Hy het die Wenen-marathon laas Sondag in Oostenryk met 2:13:34 kafgedraf. Sy beste tyd vir die 5 000 is 13:53.12 by die 2022 Statebondspele in Engeland.

Die 20-jarige spoedvonds, Elton Hoeseb, is vir die 100, 200 en 400 genooi. Dis te betwyfel of hy aan al drie items gaan deelneem, maar ‘n stryd in die 400 teen mededingers soos Mahmad Bock en Elvis Gaseb kan die hekgeld die moeite werd maak.

In die hoogspring kan ‘n interessante drama voorlê. Twee jong latte, Karsten Diergaardt en Josia Katroli, het die hoogspring in 2023 met twee meter oorheers en Diergaardt het met die goud weggeloop. Hy het vroeër vandeesmaand 1.95 in Swakopmund gespring, terwyl Katroli op 8 Maart 2.01 in die VSA gehaal het.

Anana Samuntu (2.05 m), Wencuslaus Klaasman (2.00) en Benjamin Hendrikse (2.00) is die ander genooide hoogspringers. Hendrikse is nog op skool, maar het verlede jaar reeds 1.90 meter tydens die senior kampioenskap behaal.

Chenault Lionel Coetzee het in 2023 die lank staande nasionale verspringrekord van Stephan Louw met drie sentimeter tot 8.27 meter gerek. Coetzee kon sedertdien nog nie weer naby sy rekord kom nie en kon weens ‘n besering nie by die Afrikaspele in Ghana meeding nie.

Mboma se groot mededingers in die 100 en 200 sal Ndawana Haitembu, Jade Nangula, Nandi Vass en Johanna Ludgerus wees, wat almal in die span na Afrikaspele was. Net Haitembu kon egter verby die uitdunne vorder.

By die Afrikaspele in Maart het die diskusgooier Ryan Williams en 100-naelloper Gilbert Hainuca die land se enigste twee bronsmedaljes in atletiek ingepalm.

Verdedigende nasionale kampioene van 2023:

100 meter

Vroue: Ndawana Haitembu (11.50 sekondes). Nasionale rekord, Christine Mboma (10.97).

Mans: Gilbert Hainuca (10.34). NR, Frank Fredericks (9.86).

200 meter

Vroue: Jade Nangula (24.36). NR, Christine Mboma (21.78).

Mans: Hatago Murere (20.74). NR, Frank Fredericks (19.68).

400 meter

Vroue: Inosensia Haingura (57.50). NR, Christine Mboma (49.22).

Mans: André Retief (47.46). NR, Mahmad Bock (45.80).

100-hekkies

Vroue: Chrislene Klein (15.33). NR, Mercia Venter (14.10).

110-hekkies

Mans: Cameron Brandt (19.95). NR, Flip Bredenhann (14.12).

400-hekkies

Vroue: Christine Mukumbi (69.22). NR, Lilanne Klaasman (58.68).

Mans: André Retief (52.95). NR, Willie Smith (49.05).

800 meter

Vroue: Nyanyukweni Frans (2 minute 28.36 sekondes). NR, Agnes Samaria (1:59.15).

Mans: Vaino Ashuulu (1:56.31). NR, Daniel Nghipandulwa (1:46.62).

1 500 meter

Vroue: Saara Shikongo (4:41.00). NR, Agnes Samaria (4:05.30).

Mans: Thomas Shigwedha (3:57.27). NR, Reinholdt Iita (3:45.35).

5 000 meter

Vroue: Beata Ngilifilwa (18:19.80). NR, Helalia Johannes (15:14.23).

Mans: Kefas Kondjashili (15:00.84). NR, Luketz Swartbooi (13:46.91).

10 000 meter

Vroue: Elizabeth Kalola (39:02.30). NR, Elizabeth Mongudhi (33:42.19).

Mans: Kefas Kondjashili (30:50.02). NR, Mynhardt Kauanivi (28:38.2).

Driesprong

Vroue: Geen. NR, Frieda Iithete (12.11).

Mans: Don Andreas (14.11). NR, Roger Haitengi (16.78).

Verspring

Vroue: Ze-zane Lewin (5.08). NR, Ronel Moolman (6.05).

Mans: Chenault Lionel Coetzee (8.27). NR, Coetzee (8.27).

Hoogspring

Vroue: Chrislene Klein (1.73). NR, Orla Venter (1.82).

Mans: Karsten Diergaardt (2.00). NR, Max Schäfer (2.18).

Gewigstoot

Vroue: Tuané Silver (14.53). NR, Tuané Silver (16.25).

Mans: Leeorr-el Breytenbach (15.22). NR, Derreck Wiggill in 1969 en Coenraad Kühn in 2024 (17.10).

Diskusgooi

Vroue: Karlien Botha (43.59). NR, Charlene Engelbrecht (49.98).

Mans: Ryan Williams (57.60). NR, Ryan Williams (61.15).

Spiesgooi

Vroue: Shanie Burger (34.61). NR, Daria Smith (49.41).

Mans: Jasper Engelbrecht (60.31). NR, Strydom van der Wath (78.32).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%