Langford en Brinkmann wen in Maputo

Triathlon
Die tienerjarige Namibiërs Maja Brinkmann en James Langford het die afgelope naweek by ‘n streekkompetisie in Maputo, Mosambiek, beide eerste plekke behaal. Langford, net 15 jaar oud, het in die elite kategorie deelgeneem en was algeheel eerste, met bykans ses minute voor die volgende deelnemer. Brinkman (17) het ook haar elite resies gewen en die goue medalje verower. Die twee is deur Adele de la Rey as afrigter vergesel. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer