Kudus teen Grootfontein sal ‘n bulstryd wees
Klubrugby
Selfvertroue is ten volle herstel met ‘n oorheersing van 32-0 toe FNB Kudus laas naweek op Walvisbaai skoonskip teen FNB Unam gemaak het.
Die bloues het hulle die vorige naweek in Windhoek teen FNB Wanderers vasgeloop (38-50), maar bly hoopvol om in die toptwee posisies van die JSB Gold Cup-reeks te eindig en sodoende tot die eindstryd deur te dring.
Kudus se kanse is steeds in hul eie hande – maar Saterdagmiddag kry die senter PJ Walters en sy manne te doen met ‘n ewe vasberade FNB Grootfontein wat op ‘n missie van sy eie is.
Toeskouers kan gewis ‘n lekker warm stryd verwag – of indien jy nie self kan bywoon nie, volg gerus NTV se regstreekse uitsending (ook op die YouTube-kanaal van Network Media Hub).
Die noordespan het tot die gesamentlike eerste posisie op die puntelys geklim te danke aan laas naweek se oorwinning met 44-36 teen Wanderers by die Grammie Brand-stadion (sewe drieë teen vyf).
Ná drie wedstryde spog Grootfontein en Wanderers nou met 13 ligapunte elk, gevolg deur Kudus (12) en Unam (10), terwyl Trustco United (8) en FNB Rehoboth (4) ook graag so goed as moontlik sal wil afsluit.
• Môre se bestemde wedstryd in Windhoek tussen United (gasheer) en Wanderers is tot Woensdagaand 3 September by Gemsbokpark uitgestel.
• Rehoboth se Rooi Bulle hervat hul mededinging met Unam wanneer die studentespan môre na die suidelike buurdorp reis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie