Die haker Armand Combrinck, wat vanjaar by die Goue Leeus sy debuut in die Curriebeker gemaak het, is een van die min spelers wat uit die buiteland vir die Namibiese rugbytoets teen Zimbabwe aangesluit het. Foto verskaf
Die haker Armand Combrinck, wat vanjaar by die Goue Leeus sy debuut in die Curriebeker gemaak het, is een van die min spelers wat uit die buiteland vir die Namibiese rugbytoets teen Zimbabwe aangesluit het. Foto verskaf

Jong groep takel rugbytoets in Harare

Rugby
Andrew Poolman

Die Namibiese afrigterspan van Jerome Paarwater, David Philander, Rohan Kitshoff en Darryl de la Harpe het ‘n betreklik onervare groep van meestal plaaslik gebaseerde spelers tot hul beskikking vir die rugbytoets Saterdag teen Zimbabwe in Harare.

Die Sables sal propvol selfvertroue wees nadat hulle verlede jaar die buurland se tradisionele houvas afgeskud en vir die 2027 Wêreldbekertoernooi in Australië gekwalifiseer het.

Die Namibiese groep – net twee weke ná die afhandeling van die NRU premierliga en grootliks gebou rondom die nuut gekroonde kampioenklub FNB Wanderers – het min tyd tot sy beskikking gehad om werklik voor te berei.

Die Namibiërs het gister na Harare vertrek vir die toets (afskoptyd 15:00) in die Nasionale Sportstadion.

Uitsaai-details was gister teen druktyd nie bevestig nie.

Dit sal inderdaad ‘n verrassing wees indien die onervare Welwitschias-groep dit sou regkry om ‘n oorwinning te beklink teen die Sables, wat op vurige steun van hul ondersteuners sal kan reken.


VOORSPELERS

Stutte: Gerhard Opperman en Otja Auala (Montego United), Joshua Bester en Chemigan Beukes (FNB Wanderers), Gianluca Savoldelli (UXI rugby-akademie, Kaapstad).

Hakers: Armand Combrinck (Goue Leeus), Wikus Jacobs (FNB Grootfontein), Edward Drotsky (FNB Wanderers).

Slotte: Kistings Minyoi en Ruan Ludick (FNB Wanderers), Johan Luttig (FNB Grootfontein).

Losvoorspelers: JP Campbell, Adriaan Booysen, Kyle Nel (almal FNB Wanderers), McHenry Kambatuku (FNB Unam).


AGTERSPELERS

Skrumskakels: Jacques Theron (FNB Wanderers), Elzandro van Wyk (Montego United).

Losskakels: Wiks Tromp en André van der Berg (FNB Wanderers).

Senters: Danco Burger, SW Kuhn (FNB Wanderers), Lasarus Joseph (FNB Unam).

Vleuels: Tolley Tjipute (FNB Wanderers), Aston Mukwiilongo (FNB Kudus), Jurgen Meyer (Montego United).

Kommentaar

Republikein 2026-10-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer