Gimnasium in meisies-eindstryd teen St. Paul’s
Die hokkiespanne van St. Paul’s College en Windhoek Gimnasium sal mekaar Vrydagaand om 18:00 in die eindstryd van die NSSU Superliga vir meisies takel. Kaptein Abigail Rowles se St. Paul’s-span is die verdedigende kampioen en het Woensdagaand hul semifinaal teen Windhoek Hoërskool met 4-0 oorheers. In die tweede helfeindstryd het Maryke Kruger se Windhoek Gimnasium-span met 2-1 die knop teen Windhoek Affies deurgehaak. Die Superliga vir seuns se twee semifinale sou gisteraand afgehandel word. Beide eindstryde word vanaand by Windhoek Affies se bane gespeel – die meisies Superliga om 18:00 en die seuns om 19:45.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie