Gallina opnuut omgedolwe

Motocross
Mark Sternagel en Björn Bierbrauer is die twee groot name in die ope-klas.
Tielman Van Lill
Die vierde rondte van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap is laas Saterdag in nege klasse by die Gallina-motocrossbaan noord van die hoofstad beslis, voor die King of the Dirt-resies om sake af te sluit.

Die opwindende tweestryd tussen Luca Brand en Juan de Vos in die junior 125 cc-klas het opnuut opgevlam. Luca was bobaas in die eerste twee renne met Juan tweede. Juan het die laaste van die drie renne gewen, maar Luca se tweede posisie was genoeg om as die wenner van die dag geprys te word.

Die duo het hul tweestryd in die King of the Dirt voortgesit, totdat Luca ongelukkig geval het. Juan het vyfde geëindig met Luca agtste. Mark Sternagel, Björn Bierbrauer en Tommy Gous het die eerste drie plekke ingeneem.

Die voorste uitslae:



50 cc-klas: 1 Mason Meyer (75 punte), 2 Duhan Hefer (66), 3 Nicky Strauss (60).

65 cc: 1 Oliver Mathews (75), 2 Carter Bouwer (64), 3 Markus Pack (62), 4 Maximillian Skutsch (57), 5 Sebastian Skutsch (53), 6 Keanu Strauss (52).

85 cc: 1 Leander Metzger (72), 2 De Wet du Plessis (69), 3 Vincent Griebel (59),4 Stiaan Hefer (56), 5 Connor Bouwer (54), 6 Riaan van der Hoven (51), 7 Duhan van Wyk (50).

Junior 125 cc: 1 Luca Brand (72), 2 Juan de Vos (69), 3 Leander Metzger (60), 4 JC Lochner (57), 5 Nils Elmering (54).

Senior 125 cc: 1 Markus Muller (60).

Ope-klas: 1 Mark Sternagel (75), 2 Björn Bierbrauer (66), 3 Tommy Gous (60), 4 Gero Friederich (57).

Veterane: 1 Sigi Pack (72), 2 Olaf Pack (69), 3 Tony Viljoen (58), 4 Gerhard Simon (40).

Vroue: 1 Zoë Waldschmidt (75), 2 Melanize Oberholzer (64), 3 Maike Bochert (62).

Klubmans: 1 Sanene Wittreich (69), 2 Morné Jacobs (daglisensie).

King of the Dirt: 1 Mark Sternagel (25), 2 Björn Bierbrauer (22), 3 Tommy Gous (20), 4 Gero Friederich (19), 5 Juan de Vos (18), 6 Olaf Pack (17), 7 Sigi Pack (16), 8 Luca Brand (15), 9 Leander Metzger (14), 10 JC Lochner (13), 11 Markus Muller (12), 12 Tony Viljoen (11), 13 Vincent Griebel (10), 14 Nils Elmering (9).



Die voorlopige, nie-amptelike stand van die kampioenskap (ná vier kompetisies)

50 cc: 1 Mason Meyer (291), 2 Duhan Hefer (248), 4 Nicky Strauss (232), 4 Delmar du Plessis (204).

65 cc: 1 Oliver Mathews (292), 2 Carter Bouwer (250), 3 Markus Pack (236), 4 Maximillian Skutsch (216), 5 Keanu Strauss (200), 6 Paul Mans (197), 7 Sebastian Skutsch (195), 8 Arjen van Zyl (85).

85 cc: 1 Leander Metzger (291), 2 De Wet du Plessis (273), 3 Stiaan Hefer (224), 4 Duhan van Wyk (212), 5 Riaan van der Hoven (201), 6 Vincent Griebel (119), 7 Connor Bouwer (112).

Junior 125 cc: 1 Luca Brand (277), 2 Juan de Vos (276), 3 Leander Metzger (233), 4 JC Lochner (214), 5 Jarno Metzger (190), 6 Marco Lindemeier (107), 7 Nils Elmering (103), 8 Killian Hamm (48), 9 Zoë Waldschmidt (16).

Senior 125 cc: 1 Markus Muller (180).

Ope: 1 Mark Sternagel (300), 2 Björn Bierbrauer (264), 3 Tommy Gous (240), 4 Gero Friederich (114).

Veterane: 1 Sigi Pack (278), 2 Olaf Pack (258), 3 Tony Viljoen (230), 4 Rudi Brand (92), 5 Heiko Stranghöner (75), 6 Ronald Geiger (52), 7 Gerhard Simon (40), 8 Jörg Stranghöner (38).

Vroue: 1 Zoë Waldschmidt (216), 2 Melanize Oberholzer (192), 3 Maike Bochert (120).

Klubmans: 1 Sanene Wittreich (255).

King of the Dirt: 1 Mark Sternagel (100), 2 Björn Bierbrauer (88), 3 Tommy Gous (75), 4 Luca Brand (72), 5 Juan De Vos (71), 6 Olaf Pack (61), 7 Sigi Pack (59), 8 Leander Metzger (53), 9 Jarno Metzger (52), 10 JC Lochner (48), 11 Tony Viljoen (43), 12 Gero Friederich (38).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-06-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer