Laas Saterdag se eerste wenners van die Race to Omeya-reeks. In die agterste ry van links is Frikkie le Grange, Morné Engelbrecht (ACT Logistics en wenner vir die dag), Herman Mouton, Len Haasbroek, Charles Fourie, Dina Holtzhausen, John Chadyiwa, Riaan Schwartz, Clifford de Witt en Johannes Crafford. Voor is JP le Grange en Declan Renton. Foto verskaf

Engelbrecht vat voor in Race to Omeya

Gholf
Andrew Poolman
Omeya-gholfklub het Saterdag die “Race to Omeya”-reeks vir 2025-2026 afgeskop.

Rondte een was deur ACT Logistics geborg, terwyl Morné Engelbrecht met 38 punte die algehele wenner vir die dag was.

Die reeks sluit afdelings vir mans, seniors, vroue en juniors in, met pryse vir elke toernooi asook totale pryse aan die einde van die reeks. Agt toernooie word aangebied en elke speler se vyf beste uitslae word getel.

Saterdag se wenners:

Mans A-afdeling: 1 Morné Engelbrecht (38 punte), 2 Frikkie le Grange (37), 3 Peter Johns (36), 4 Johannes Crafford (36).

Mans B-afdeling: 1 Riaan Schwartz (37), 2 John Chadyiwa (34), 3 Clifford de Witt (33).

Vroue: 1 Dina Holtzhausen (31), 2 Anecia le Grange (30).

Seniors: 1 Herman Mouton (37), 2 Len Haasbroek (30).

Juniors: 1 Declan Renton (37), 2 JP le Grange (34).

Pryse vir die houe naaste aan die pen is deur Dina Holtzhausen (putjie 7) en Charles Fourie (putjie 14) ingepalm.

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer