Enduro-seisoen by Gallina gegroet

Enduro
Tielman Van Lill
Die agtste en laaste kampioenskapbyeenkoms van die Namibiese Enduro-klub vir 2025, is die afgelope naweek by die Gallina-motocross-park noord van die hoofstad aangebied.

Die motocross-baan was nie deel van die ongeveer 40 deelnemers se uitdaging nie, maar bloot die wegspringpunt vir die ses onderskeie klasse. Die koppies oos van Gallina was wel die roete waar die ryers hul beste voet moes voorsit.

Saterdag se voorste uitslae:



Klas 2 (ope pro): 1 Quinton van Rooyen, 2 Corné Visser, 3 Stuart Pierce.

Klas 5 (senior pro): 1 Ingo Waldschmidt, 2 Gernot Bahr, 3 Gunther Gladis.

Klas 7 (intermediêr): 1 Dean Schlechter, 2 Antonio Monteiro, 3 Stephanus du Plessis.

Klas 10 (groentjies): 1 Harry Kibble, 2 Tristiaan Prinsloo, 3 Alex Steinfurth.

Klas 11 (beginners): 1 Llewelyn van der Westhuizen, 2 Cody Heigan, 3 Cedric Wilckens.

Klas 12 (vroue): 1 Shannon Gräber, 2 Maike Bochert.



2025 se kampioene

Die volgende ryers het hul klasse vir die 2025-seisoen gewen: Quinton van Rooyen (pro ope), Sean Kemp (senior pro), Dean Schlechter (Klas 7), Vincent Griebel (Klas 10), Llewelyn van der Westhuizen (Klas 11), Shannon Gräber (Klas 12).

Quinton van Rooyen is die enigste deelnemer wat die 2025-seisoen onoorwonne afgesluit het. Hy het elk van die agt byeenkomste in sy klas gewen. Hy is ook die verdedigende kampioen en was in die verlede etlike kere as Namibiese nasionale kampioen bekroon.

Corné Visser, wat tweede ná hom geëindig het, het uitstekende rekenskap van homself gegee.

So het die puntestand vir die 2025-seisoen geëindig:



Klas 2 (pro ope-klas)

1 Quinton van Rooyen (160)

2 Corné Visser (134)

3 Heiko Stranghöner (90)

4 Jörn Greiter (76)

5 Stuart Pierce (73)

6 Gunther Gladis (48)



Klas 5 (senior pro-klas)

1 Sean Kemp (135)

2 Kai Hennes (101)

3 Gernot Bahr (84)

4 Hanré Myburgh (57)

5 Rian Kritzinger (47)

6 Frederick van Greunen (42)

7 Ronald Geiger (39)

8 Gunther Gladis (32)

9 Briaan Kibble (31)

10 Ingo Waldschmidt (20)

11 Ruan de Lange (15)



Klas 7 (intermediêr)

1 Dean Schlechter (126)

2 Killian Hamm (104)

3 André Barnard (74)

4 Antonio Monteiro (66)

5 Vincent Clack (15)



Klas 10 (groentjies)

1 Vincent Griebel (102)

2 Tristiaan Prinsloo (90)

3 Harry Kibble (75)

4 Hilmar Griebel (75)

5 Alex Steinfurth (32)

6 Stefan Tietz (29)

7 Gerhard Simon Senior (20)

8 Zoë Waldschmidt (17)

9 Patrick Geiger (13)



Klas 11 (beginners)

1 Llewelyn van der Westhuizen (124)

2 Johannes van der Westhuizen (90)

3 Jean van der Westhuizen (89)

4 Cody Heigan (77)

5 Cedric Wilckens (49)

6 Bart Steyl (15)

7 Melieke Steyl (13)



Klas 12 (vroue)

1 Shannon Gräber (140)

2 Maike Bochert (122)

Die kampioene sal op Vrydag 31 Oktober tydens die Namibiese Enduro-klub se jaareindfunksie by Yellowstone naby Avisdam bekroon word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-10-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer