Enduro-ryers takel Yellowstone-bulte

Motorfietssport
In vier klasse is ryers wat sover twee uit die twee byeenkomste in die reeks gewen het.
Tielman Van Lill
Die derde rondte van die Namibiese Enduro-motorfietskampioenskap sal Saterdagoggend naby Avisdam oos van die hoofstad by die Yellowstone Trails-area aangebied word.

Die eerste en tweede ronde was onderskeidelik by Bergquell noord van die hoofstad en by Itumba suid van Windhoek afgehandel. Beide venues het elk sy eie unieke uitdagings aan die deelnemers gebied.

Anders as vinnige motocross-renne wat op ‘n sandbaan sonder rotse of bergklimme gehou word, word tegniese enduro-kompetisies 99 persent tussen koppies en in bergagtige dele met reuse-uitdagings aangedurf. Indien die ryers gelukkig is, sal hier en daar ‘n rivierbedding wees wat oorgesteek moet word.



Dubbeldoorseges

Quinton van Rooyen, Sean Kemp, André Barnard en Llewelyn van der Westhuizen het reeds twee seges elk agter die rug.



Topdrie uitslae by Itumba



Klas 2: 1 Quinton van Rooyen, 2 Corné Visser, 3 Jörn Greiter.

Klas 5: 1 Sean Kemp, 2 Kai Hennes, 3 Ronald Geiger.

Klas 7: 1 André Barnard, 2 Dean Schlechter, 3 Kilian Ham.

Klas 10: 1 Sean-Collin Gräber, 2 Zoë Waldschmidt, 3 Tristiaan Prinsloo.

Klas 11: 1 Llewelyn van der Westhuizen, 2 Johannes van der Westhuizen, 3 Jean van der Westhuizen.

Vroue-ontwikkelingsklas: 1 Shannon Gräber, 2 Maike Bochert.



Kampioenskappuntestand ná twee rondes



Klas 2: 1 Quinton van Roiyen(40 punte), 2 Corné Visser (32), 3 Jörn Greiter (28), 4 Nickle Visser (22), 5 Stuart Pearce (17), 6 Heiko Stranghöner (11), 7 Gunther Gladis (10), 8 Jean Venter (0).

Klas 5: 1 Sean Kemp (40), 2 Frederuck van Greunen (22), 3 Rian Kritzinger (17), 4 Kai Hennes (17), 5 Ruan de Lange (15), 6 Ronald Geiger (15), 7 Hanré Myburgh (13), 8 Gernot Bahr (13).

Klas 7: 1 André Barnard (40), 2 Kilian Ham (32), 3 Antonio Monteiro (24), 4 Dean Schlechter (17), 5 Vincent Clark (15), 6 Holger Barth (13), 7 Rodney Dodkins (11), 8 Ernst Swarts (0), 9 Pieter Mostert (0), 10 Petrus Brink (0), 11 Wynand Botes (0), 12 Martin Quinger (0), 24 Jens Rubow (0), 25 Stephanus du Plessis (0), 26 Levin Quinger (0), 27 Oliver Röhrmuller (0), 28 Jean Venter (0).

Klas 10: 1 Sean-Collin Gräber (35), 2 Hilmar Griebel (30), 3 Vincent Griebel (30), 4 Tristiaan Prinsloo (28), 5 Zoe Waldschmidt (17), 6 Oliver Rohrmuller (11), 5 Stefan Tietz (11), 8 Rolf Rohrmuller (10), 9 Carsten Roland (9), 10 Harry Kibble (0).

Klas 11: 1 Llewelyn van der Westhuizen (40), 2 Johannes van der Westhuizen (34), 3 Jean van der Westhuizen (30).

Vroue-ontwikkelingsklas: 1 Maike Bochert (37), 2 Shannon Gräber (20).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer