Eagles begin op die agtervoet
Krieket
Tanzanië het sy groeiende reputasie laat aangroei as ‘n krieketland wat op ongeleë tye vir Namibië ‘n stok in die wiel kan steek.
Namibië se Capricorn Eagles sou sterk ambisie vir ‘n oorwinning gekoester het voor hul ontmoeting met Tanzanië gister op dag een van die ICC Vroue Ontluikende Nasiestrofee T20-toernooi in Bangkok, Thailand.
Agt nasies wat hulle almal in die posisies vanaf negende tot 19de op die wêreldranglys bevind, ding mee in die toernooi wat vir sommiges ‘n slypkans bied in hul opbou na ‘n hoopvolle kwalifisering vir volgende jaar se T20 Wêreldbeker vir vroue.
Namibië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf. As kaptein en aanvangskolwer het Sunè Wittmann haar kolfvermoë gewys met ‘n goeie vyftigtal (53 van 50 balle; vyf viere, drie sesse), met Kayleen Green (20 van 32 balle; 3x4) en Yasmeen Khan (14 van 12 balle; 2x4) wat ook aanvanklik belowend gelyk het.
Tanzanië het egter sy voet in die deur gehou deur die Eagles se totaal tot 118 vir vyf in 20 boulbeurte te beperk (kolftempo 5.90 per boulbeurt).
Die Oos-Afrikane het ná ‘n flink begin twee paaltjies binne drie balle verloor (63/1 ná 9 bb, en 64/2 ná 9.2 bb), maar hul aanvangskolwer Saum Mtae het koelkop gebly vir ‘n deurslaggewende onoorwonne 55* van 45 balle (4x4 2x6). Hul nommer vier Hudaa Omary het ook die oorwinning met agt paaltjies help afrond toe sy 28* van 26 balle (4x4) bygedra het. Drie boulbeurte was nog oor toe Tanzanië sy wentelling van 119/3 (17 bb) bereik het.
Van die Namibiese boulers het net Arrasta Diergaardt (1/11 in 2 bb) en Victoria Hamunyela (1/28 in 3) elkeen een paaltjie platgetrek.
Afrigters Francois van der Merwe en Gerhard Lotter sal gewis graag ‘n opwaartse kurwe in die Namibiese vertonings in die toernooi wil sien, met verskeie hoër gerekende opponente wat nog voorlê.
Die ander uitslae
• Skotland (115/9) beperk Uganda tot 100/6 en wen met 15 lopies. Speler van die wedstryd: Darcey Carter (Skotland) 54 van 50 balle en 0/16 (3 bb).
• Verenigde Arabiese Emirate (95/2 in 15.2 bb) klop Papoea-Nieu-Guinee (94/5) met agt paaltjies. Speler van die wedstryd: Theertha Satish (Emirate) 45 van 41 balle.
• Thailand (117/7) klop Nederland (94 almal uit in 18.5 bb) met 23 lopies. Speler van die wedstryd: Suleeporn Laomi (Thailand) 2/11 in 4 bb en ses lopies van 10 balle.
Komende bepalings:
Vandag, teen Skotland (middag).
Saterdag: rusdag vir alle spanne.
Sondag: teen Uganda (middag).
Maandag: rusdag vir alle spanne.
25 November: teen die Emirate (oggend).
26 November: teen Nederland (oggend).
28 November: teen Papoea-Nieu-Guinee (oggend)
30 November: teen Thailand (middag).
• Vier van die spanne – Namibië, Skotland, Nederland en Thailand – sal in Januarie-Februarie 2026 onder die laaste tien kandidate wees wat in Nepal sal meeding om vier plekke vir kwalifiseerders na die ICC T20 Wêreldbeker-vrouetoernooie (12 Junie tot 5 Julie 2026 in Engeland en Wallis).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie