Die Zimbabwiër Isaac Mpofu (Nedbank) het gisteroggend die Durban-stadsmarathon gewen. Hier is hy in aksie tydens 2019 se Wêreldkampioenskap in Doha. Foto Gallo Images
Die Zimbabwiër Isaac Mpofu (Nedbank) het gisteroggend die Durban-stadsmarathon gewen. Hier is hy in aksie tydens 2019 se Wêreldkampioenskap in Doha. Foto Gallo Images

Zimbabwiër seëvier in Durban-marathon

Padwedlope
Sarel van der Walt
Die Zimbabwiër Isaac Mpofu (Nedbank) het gisteroggend die Durban-stadsmarathon – wat ook gedien het as die Suid-Afrikaanse marathonkampioenskap –met ’n tyd van 2 uur, 10 minute 24 sekondes gewen.

Noordwes se Tumelo Motlagale (2:11:15), ’n voormalige baanatleet en seun van die voormalige Springbok-veldloopatleet Adam Motlagale, ’n voormalige Afrika-marathonkampioen, was tweede.

Omdat Tumelo Motlagale die eerste Suid-Afrikaner oor die eindstreep buite die Moses Mabhida-stadion was, het hy die SA titel gebuit.

“Ek dink my pa spring nou op en af van opgewondenheid,” het die 35-jarige Motlagale (vorige beste tyd: 2:12:40) ná die wedloop aan SuperSport gesê.

Adam Motlagale, wat agtste in die wêreld-halfmarathonkampioenskap (1993) was, is sy seun se afrigter.

Mpofu en Motlagale het met hul goeie vertonings in ideale hardloopweer op ’n plat en vinnige roete gekwalifiseer vir die marathon op vanjaar se Wêreld-atletiekkampioenskap in Eugene, in die Amerikaanse deelstaat Oregon, sowel as vir volgende jaar se wêreldkampioenskap in Boedapest, Hongarye.

Adam Motlagale (nou 61) het Suid-Afrika in 1997 by die Wêreldkampioenskap in Athene, Griekeland, in die marathon verteenwoordig en in 1993 op die Wêreldbeker-byeenkoms in San Sebastian, Spanje.

Dit het Sondagoggend aanvanklik liggies gereën en daar was ’n seebries toe die voorlopers, wat in ’n haastige 64:55 deur Mpofu verby die halfpadkerf gelei is, langs die Durbanse strandfront in die rigting van die Virginia-lughawe gehardloop het.

In daardie stadium was die aanduidings nog dat die wentyd in die omgewing van 2:08 sou wees.

Motlagale het voor gehardloop toe hulle by die Virginia-lughawe omgedraai het vir die laaste sowat 5 km na die eindpunt.

Oor dié laaste 5 km het Mpofu – wat verlede jaar in die Kaapstad-marathon die kwalifiseringsmaatstaf vir die wêreldkampioenskap met 11 sekondes misgeloop het – met ’n sterk eindpoging vorendag gekom en Motlagale verbygesteek.

Weens die onlangse verwoestende vloede in Durban en omgewing moes die roete effens aangepas word. Dié verstellings het die roete vinniger gemaak.

Lesotho se Tsepo Ramashoemole was derde in 2:12:57.

Die Keniaan Shelmith Nyawira Muriuki, wat met die Paasnaweek vierde in die Twee Oseane-wedloop (56 km) was, was die eerste vrou oor die eindstreep.

Muriuki, wat vroeër vanjaar die naaswenner in die Runified Breaking Barriers 50 km-wedloop in Gqeberha was, se wentyd was 2:37:54.

Ethiopië se Gete Guta Galato was tweede in 2:41:00, met Suid-Afrika se Janet Mbhele en Stella Marais (Gauteng-Noord) onderskeidelik derde en vierde in 2:43:07 en 2:46:30.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.99 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.6 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.61 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.90/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 894.50/T DOWN -2.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 974.40/OZ DOWN -0.0043 #N/A