Zim-reeks vandag in die weegskaal
Krieket
Die twee kompeterende buurlande takel mekaar vandag in die beslissende stryd.
Die laaste en bepalende van die vyf internasionale T20-wedstryde van die Castle Lite-reeks tussen die Richelieu Eagles en Zimbabwe behoort vandag by die Unitedveld in Olympia een vir die fynproewers te wees.
Die Eagles het gistermiddag by United die vierde van die T20I’s met sewe paaltjies gewen om die skaal gelyk op twee seges elk te laat staan.
Dit was nadat Namibië die eerste ontmoeting by Wanderers gemaklik ingepalm het en daarna moes Namibië toekyk hoe die Chevrons die volgende twee kragmetings, een by Wanderers en toe Vrydag by United, opeenvolgens opraap.
Vir beide spanne is vandag se laaste T20I soos ’n finaal, waar die trots en eer van beide lande asook die spelers op die spel is.
Zimbabwe het gister die loot gewen en gekies om eerste te kolf. Die besoekers se kolfbeurt het glad nie swak afgeskop nie, maar toe Innocent Kaia se paaltjie vir 15 lopies (8 balle) val, het dit 43 lopies en sewe boulbeurte geneem voor Tinashe Kamunhukamwe vir 32 (32 b) uitgevang was.
Die Chevron-kaptein op nommer drie, Craig Ervine, het ’n ware kapteinsbeurt gespeel om sy span van vernedering te red. Hy het onoorwonne vasgeskop (54 nie uit nie, 43 b) om te sien hoe die paaltjies van die gevaarlike Sikandar Raza (2), Ryan Burl (13), Carl Mumba (8) en Wessly Madhevere (7) rondom hom vir ’n totaal van 153 lopies vir ses paaltjies in 20 boulbeurte val.
Burl het hierna beter met die bal in die hand gevaar en die belangrike paaltjies van die witwarm aanvangspaar Michael van Lingen (47 van 27 b) en Niko Davin (34 van 25 b) vir 2/22 in 4 boulbeurte laat kantel.
Tendai Chatara (1/29 in 2.4) het Jan Frylinck (29, 26 b) se paaltjie ingoes.
Vanaf ’n stewige grondslag (2/85 in 9) tussen Van Lingen en Davin asook Frylinck (uit op 139/3 in 16.5) kon Gerhard Erasmus (31* van 28 b) en JJ Smit (6* van 6 b) die wilgerlat inlê.
Die Eagles het net elf aflewerings nodig gehad nadat Frylinck uit was om die laaste 15 lopies vir ’n welverdiende sege (154/3) te slaan.
Namibië se kaptein, draaibalbouler en speler van die wedstryd, Erasmus, het 2/21 in 4 bewerkstellig en ook twee vangskote benut, terwyl Handré Klazinga met sy naatboulwerk 2/35 in 4 behaal. Frylinck (1/19 in 4) het die ander Chevron-paaltjie van Madhevere beklink.
Zimbabwe het 16 grenshoue vir 70 lopies behaal (10x4, 5x6) en 7 ekstras afgestaan. Die Eagles staan 12 ekstras af en slaan 21 grenshoue (15x4, 6x6) vir 96 lopies.
TOPSES LOPIEMAKERS SOVER IN DIE REEKS
Niko Davin (184 lopies).
Sikandar Raza (175).
Michael van Lingen (129).
Craig Ervine (81).
Jan Frylinck (81).
Gerhard Erasmus (81).
TOPSES PAALTJIENEMERS SOVER IN DIE REEKS
Gerhard Erasmus (8/83 in 15).
Jan Frylinck (4/89 in 13).
Richard Ngarava (3/33 in 7).
Ryan Burl (3/52 in 7).
Handré Klazinga (3/52 in 6).
Luke Jongwe (3/55 in 6).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie