Yanks g’n maklike teiken nie
Krieket
Wie gaan deur afrigter Pierre de Bruyn nader getrek word om die beseerde Jan Frylinck, JJ Smit en Michael van Lingen se plekke vol te staan?
Die Richelieu Eagles besoek vroeg aanstaande maand Skotland waar hulle in vier internasionale eendagwedstryde (ODI’s) sal speel.
Die driehoekige toernooi in die Internasionale Krieketraad se Wêreldbekerliga Twee-reeks begin op 10 Julie in Glasgow tussen Namibië, Nepal en die gasheerspan Skotland.
Die VSA se besoek aanstaande week vir ses vriendskaplike T20-wedstryde teen die Eagles en Jersey is dus ’n tydige medisyne vir die Namibiërs om vir oulaas hul vaardighede en kombinasies op die veld te slyp voor hulle na Skotland vertrek.
Die Amerikaners het in ’n tuisreeks van 28 Mei tot 15 Junie teen Nepal, Oman, die Verenigde Arabiese Emirate en Skotland in Pearland, Texas, agt wedstryde in die CWCL2 gespeel. Hulle het vier gewen, drie verloor en in een gelykop teen Oman gespeel.
’n Ietwat onrusbarende uitslag was toe die Yanks (310 vir 5 in 50 boulbeurte) vir Skotland (206 almal uit in 46.1) met 104 lopies in die eerste ODI oordonder het. Maar die Skotte (300/7 in 50) het in die tweede ODI teruggebyt toe hulle die gasheer vir 189 in 42.4 uitgeboul het vir ’n 111-lopiesege.
Dus is die besoekers nie hier vir ’n vakansie nie. Hul kolwers het goed in Pearland gevaar, byvoorbeeld Steven Taylor (295 lopies in 8 kolfbeurte teen 36.87), Sushant Modani (237 in 8 t 29.62), die kaptein Monank Patel (382 in 8 t 47.75), Aaron Jones (344 in 2 t 43) en Gajanand Singh (188 in 8 t 23.5).
Van sy topboulers was ewe giftig. Saurabh Netravalkar (14/388 in 8 t 24.14 lopies per paaltjie), Ali Khan (13/217 in 6 t 16.69) en Rusty Theron (8/146 in 5 t 18.25) het uitstekend geboul.
In die Amerikaanse span vervul Rusty Theron – 36-jarige gewese Protea-speler – waarskynlik ’n vergelykbare rol as was David Wiese vir Namibië beklee. Theron het ewe wye ervaring as ’n reisende T20-spesialis in die beroepsligas van Indië, Pakistan en Wes-Indië, nadat hy in sy vorige internasionale loopbaan in vier ODI’s en nege T20I’s tussen 2010 en 2012 gespeel het.
• Die Namibiërs se kolfstatistiek in die 50-beurtreeks teen Hongkong in Windhoek:
1 Lo-han Louwrens (23 jaar): Kolwer/paaltjiewagter (228 lopies, 252 balle, 20x4, 2x6 teen gemiddeld 76 lopies per kolfbeurt).
2 Nicol Loftie-Eaton (21): Kolwer/regterarm draaibouler (154, 137 b, 17x4, 3x6 t 77).
3 Gerhard Erasmus (27): Kolwer/regterarm draaibouler (88, 108 b, 8x4, 1x6 t 44).
4 JJ Smit (26): Kolwer (85, 84 b, 7x4, 3x6 t 42.5).
5 Zane Green (25): Kolwer/paaltjiewagter (110, 139 b, 16x4, 1x6 t 36.66). 1
6 Shaun Fouché (22): Kolwer/regterarm mediumbouler. (23*, 18 b, 4x4).
7 Michael van Lingen (24): Kolwer/linkerarm mediumbouler. (27, 26 b, 5x4 t 13.5).
8 Ruben Trumpelmann (24): Linkerarm snelbouler /kolwer. (27, 16 b, 3x4, 1x6 t 13.5).
9 Craig Williams (38): Kolwer (21, 28 b, 2x4 t 21).
10 Jan Frylinck (28): Linkerarm mediumsnelbouler/kolwer (17, 9 b, 3x4 t 17).
11 Bernard Scholtz (31): Linkerarm draaibouler/kolwer (7*, 8 b). 1 nun.
12 Picky Ya France (32): Kolwer/regterarm draaibouler (4*, 4 b, 1x4).
13 Tangeni Lungameni (30): Linkerarm mediumbouler (3*, 5 b).
14 Ben Shikongo (22). Regterarm mediumbouler (het nie gekolf nie).
Die Namibiese boulers se vertonings teen Hongkong:
1 Trumpelmann (7/113 in 27 boulbeurte, 2 leeg. Ekonomie 4.18).
2 Smit (4/34 in 9, 3 leeg. Ekon 3.77).
3 Lungameni (4/97 in 23.1. Ekon 4.20).
4 Ya France (3/70 in 20, 3 leeg. Ekon 3.5).
5 Loftie-Eaton (2/59 in 14. Ekon 4.21).
6 Frylinck (2/97 in 20.4, 1 leeg. Ekon 4.75).
7 Scholtz (1/29 in 8, 1 leeg. Ekon 3.62).
8 Shikongo (1/80 in 12. Ekon 6.66).
9 Erasmus (0/21 in 3. Ekon 7).
Die VSA-toerspan na Namibië:
1 Monank Patel (kaptein), 2 Aaron Jones (onderkaptein), 3 Ali Khan, 4 Cameron Stevenson, 5 Gajanand Singh, 6 Jaskaran Malhotra, 7 Marty Kain, 8 Nisarg Patel, 9 Rusty Theron, 10 Saurabh Netravalkar, 11 Steven Taylor, 12 Sushant Modani, 13 Yasir Mohammed, 14 Vatsal Vaghela.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie