Ya France sink Uganda met ses paaltjies
Krieket
Helao Ya France (speler van die wedstryd) het die grondslag gelê, voor onoorwonne vyftigtalle deur Lo-han Louwrens en Shaun Fouché.
Die regterarmdraaibouler Helao Ya France se sespaaltjie-oes het hom gister die speler van die wedstryd-toekenning in die sege teen Uganda besorg.
In ’n ysige, winderige Windhoek het die Uganda Cranes se kolfbeurt in die eerste Castle Lite-eendagwedstryd vinnig stoom verloor, toe Ya France en Ruben Trumpelmann die besoekers by United tot net 127 lopies in 37.1 boulbeurte beperk het.
Ya France het ses paaltjies vir 22 in 8.1 boulbeurte (2 leeg) gegaps, terwyl Trumpelmann 3/18 in agt (1 leeg) bewerkstellig het. Jan Frylinck (1/12 in 5, 1 leeg) was die ander bouler. Dit is Ya France se eerste vyfpaaltjie-oes vir die Eagles.
Uganda se voorste kolwer was Kenneth Waiswa met 42 van 68 aflewerings (5x4, 1x6, geboul Ya France) met Alpesh Ramjani (23, 33 b, 2x4, been voor paaltjie Ya France) die volgende beste. Die Cranes kon 14 viere en 1 ses slaan en het teen 3.41 per boulbeurt gekolf.
Die Eagles het net drie ekstras afgestaan met een bylopie en 2 wydlopers, terwyl die Cranes vier ekstras (1 bylopie, 1 foutbal, 2 wydlopers) afgestaan het.
Die Eagles (128/0 in 25.2) se aanvangspaar Lo-han Louwrens (76 nie uit nie van 89 b, 9x4, 2x6) en Shaun Fouché (48 nie uit nie van 64 b, 4x4) het onoorwonne en sonder haas teen 5.05 per boulbeurt Uganda met tien paaltjies geklop. Die duo slaan 13 viere en twee sesse.
Die 17-jarige draaibouler Joseph Baguma (0/22 in 6) en naatbouler Dinesh Nakrani (0/21 in 6) was Uganda se suinigste boulers, gevolg deur die 19-jarige Pius Olaka (0/17 in 4).
TERUGBLIK
Uganda het in April 2022 veel beter teenstand in drie T20- en twee eendagwedstryde teen Namibië in Windhoek gelewer. Hulle het toe onder afrigting van Suid-Afrika se Lawrence Mahatlane twee toerwedstryde gewen. Die uitslae was:
Eerste T20: Uganda 127/5 in 20, Namibië 128/2 in 18.4 (Namibië wen met 8 paaltjies).
Tweede T20: Namibië 177/4 in 20, Uganda 178/3 in 19.5 (Uganda wen met 7 paaltjies).
Derde T20: Namibië 185/7 in 20, Uganda 133 almal uit in 19.2 (Namibië wen met 52 lopies).
Eerste eendagwedstryd (50 boulbeurte): Uganda 68 almal uit in 23.5, Namibië 71/3 in 16.5 (Eagles wen met 7 paaltjies).
Tweede eendagwedstryd: Namibië 267/6 in 50, Uganda 269/7 in 49.3 (Uganda wen met 3 paaltjies).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie