• Tuisblad
  • Sport
  • Wind maak moles in Hermanus tydens eerste skof van Epic

Wind maak moles in Hermanus tydens eerste skof van Epic

Bergfietsry
Annchen Nel
Deelnemers aan die Cape Epic-bergfietstoer wat Maandag nié weggewaai is nie, sal Dinsdag maar weer aan hul fietssale moet vasklou.

Maandag se stormsterk noordwestewind – en rukwinde – verander glo in ’n westewind van 22 km/h.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel 9 km/h.

So enigiets is moontlik in Dinsdag se tweede skof oor 116 km, wat weer in en om Hermanus beslis word.

Die organiseerders noem die agtdaagse skofwedren die “ontembare” in “Afrika”.

Dit is inderdaad die geval in die Wes-Kaap, waar weerstoestande binne ure kan verander.

Die Kaapse bergfietsryer Candice Lill het laatoggend ná haar en Amy Wakefield se skofoorwinning gesê die wind was sterker as wat die weervoorspelling aangedui het.

Ná haar aankoms moes duisende deelnemers nog die wedrendorp by die Hoërskool Hermanus veilig bereik.

Sommige het vertel hoe hulle “in die bosse ingewaai” is.

Van die amateurspanne het agt-en-’n-half uur geneem om die skof oor 98 km te voltooi.

In die middag moes die logistieke span skarrel om die klein tentjies op moederaarde geanker te hou en lede van die media wie se tente beskadig is, is aangeraai om in die skoolsaal te gaan oornag.

Die groot wit tent waar die meeste deelnemers aandete sou nuttig, is in ’n rukwind verniel en afgeslaan.

Almal moes toe die bystandspan se tent gebruik.

Baniere, vlae en gazebo’s wat vroegoggend opgerig is, moes kort daarna weer afgeslaan word.

Ligte reën het ook Maandagoggend sporadies uitgesak.

Teen laatmiddag is toeskouers vir hul eie veiligheid van die eindstreep verwyder.

Die helikopter en hommeltuig wat gewoonlik in die regstreekse uitsending gebruik word, kon ook nie ingespan word nie.

’n Epic-woordvoerder het Maandagaand gesê hulle het die stormsterk wind verwag en Dinsdag se vooruitsigte lyk beter.

Ná Hermanus strek die roete binnelands na Elgin/Grabouw en dan Somerset-Wes.

Intussen is daar onsekerheid of Wakefield Dinsdagoggend sal kan aantree ná ’n tak Maandagoggend ’n groot wond in haar linkerarm gelaat het.

Sy sou glo Maandagaand ’n plastiese chirurg gesien het.

Die Suid-Afrikaners is die voorlopers in die vroueafdeling.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!