Williams verby 5 000 in sege teen Nepal

Krieket
Tielman van Lill
Die Richelieu Eagles sal baie graag môre wil wys dat hulle die vereiste aanpassings kon maak in hul herontmoeting met Skotland in Glasgow.

Die Namibiërs kon Sondag in hul openingswedstryd van die Krieket Wêreldbeker Liga 2 driehoekige eendagreeks teen Skotland nie die pas volhou nie en het met 77 lopies verloor.

Skotland (258 vir ses in 50 boulbeurte) het Namibië vir 181 lopies in 43 boulbeurte uitgeboul, met 42 aflewerings oor.

Die Eagles-kolwers het op die vreemde kolfblad gesukkel en kon slegs teen 4.20 per boulbeurt kolf. Die Skotse boulers kan sekerlik as sy grootste wapen beskou word.

Behalwe die giftige blad het Safyaan Sharif vyf paaltjies vir net 35 in 9 boulbeurte teen ’n suinige 3.88 geneem. Die draaibouler Hamza Tahir (2/27 in 8, 1 leeg) het die Namibiërs aan die raai gehou en eindig met ’n ekonomiese 3.37. Mark Watt (2/44 in 9, 1 leeg, ekon 4.88) was die duurste. Gavin Main (1/24 in 8, 2 leeg, ekon 3) het die wurggreep verstewig.

In vergelyking met die Skotse boulaanval wat gemiddeld slegs 4.20 per boulbeurt afgestaan het, kon die Eagles nie dieselfde druk toepas nie. Die Namibiërs gee 35 ekstras pasella en staan 5.16 per boulbeurt af, nadat die Skotte net 7 ekstras aangebied het.

Gerhard Erasmus (3/56 in 10), Tangeni Lungameni (2/46 in 10) en Ruben Trumpelmann (1/45 in 8, ekon 5.62) het wel sukses behaal.

Skotland se kolfhelde was George Munsey op nommer vyf (71 nie uit nie van 108 balle, 7x4, 1x6), Calum MacLeod op drie (50 van 82 b, 5x4) en aanvangskolwer Kyle Coetzer (29 van 34 b, 4x4, 1x6).

As dit nie vir Nicol Loftie-Eaton op nommer vyf (50 van 58 b, 4x4, 1x6), aanvangskolwer Lo-han Louwrens (47 van 85 b, 2x4, 1x6) en JJ Smit op ses (28 van 40 b, 1x4, 1x6) was nie, kon Namibië se totaal nog laer gewees het.

Die Eagles-kolwers slaan 14 grenshoue (10x4, 4x6), terwyl die gasheer 22 viere en vyf sesse grenstou toe jaag.

WENPUNTE TEEN NEPAL

Met die Eagles (220 almal uit in 47.3 bb) het dit Maandag reeds beter teen Nepal (180 almal uit in 46.5) by die New Cambusdoon-veld in Ayr in ’n oorwinning met 40 lopies gegaan.

Loftie-Eaton op ses (60 van 70 b, 5x4, 1x6) is as speler van die wedstryd aangewys. Divan la Cock op 2 (41, 32 b, 7x4) het die vinnigste lopies teen 128 persent aangeteken tot hy op verdagte wyse been voor paaltjie uitgegee is.

Erasmus op vyf (22 van 49 b, 1x6) was ongelukkig om die bal op sy paaltjie te speel. Craig Williams is op drie ingestuur (21 van 46 b, 1x4) en het die eerste Namibiër geword wat 5 000 lopies in A-lys eendagkrieket verbysteek.

Die 38-jarige Williams is ongetwyfeld ’n legende in die plaaslike sport wat reeds sedert 2007 eersterangse krieket vir die land speel.

Aanvangskolwer Louwrens en David Wiese as nommer agt dra elk 18 by, terwyl JJ Smit op sewe 17 (1x4, 1x6) van 14 aflewerings slaan. Die Eagles bewerkstellig 20 viere en drie sesse.

Sandeep Lamichhane (4/54 in 10) neem die meeste paaltjies, maar Basir Ahamad (1/18 in 7.3, ekon 2.4) is die goedkoopste en Mohammad Aadil Alam (0/24 in 7, ekon 3.42) stuur twee leë boulbeurte af.

Aarif Sheikh op ses (50* van 84 b, 2x4) en Dev Khanal op drie (34 van 65 b, 2x4) vaar die beste van die kolwers.

Bernard Scholtz (2/27 in 10), Wiese (2/24 in 6.5, ekon 3.51), Jan Frylinck (2/30 in 8, 1 leeg, ekon 3.75), Erasmus (1/22 in 5, ekon 4.40) en Ruben Trumpelmann (1/42 in 7, ekon 6) het Nepal getem. Loftie-Eaton (0/19 in 6) en Craig Williams (0/15 in 4) was beide vrek suinig met 3.16 en 3.75. Namibië het net nege ekstras afgestaan.

Afgesien van môre se tweede en laaste wedstryd teen Skotland het Namibië ook nog Saterdag se tweede wedstryd teen Nepal in die vooruitsig.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%