Wiese trek los, maar Eagles val uit
Krieket
Johann de Jager
Op ’n aand van hoogdrama het David Wiese die Namibiese Eagles so byna weer laat hoog vlieg in die T20-Wêreldbeker-toernooi.
Die Verenigde Arabiese Emirate het egter – met hul heel eerste T20-WB-sege – gister in Geelong verhinder dat Namibië weer ’n plek in die Super12-fase van die toernooi bespreek.
Dit het meegebring dat Sri Lanka en Nederland verder in die toernooi sal meeding. Nederland bevind hom in Suid-Afrika se Super12-groep.
Wiese het Namibië met 55 lopies van 36 balle so byna oor die wenstreep gekry.
Namibië het 14 van die laaste boulbeurt benodig en is toe tot 141/8 beperk in antwoord op die VAE se 148/3.
Wiese is met die vierde aflewering van die laaste boulbeurt op die grens gevang.
Die VAE-bouler Muhammad Waseem (1/16) moes ’n sug van verligting geslaak het, nadat hy Wiese met sy telling op 33 ’n lewe gegee met ’n verbroude vangskoot van sy eie boulwerk.
Waseem was speler van die wedstryd nadat hy as aanvangskolwer vroeër ook 50 van 41 balle aangeteken het.
Die toporde het weer nie die mas opgekom nie en Namibië was op 69/7 so te sê begrawe toe snelbouler Ruben Trumpelmann (25*) hom by Wiese aangesluit het. Dié duo het 70 lopies aangeteken – die hoogste vennootskap in die geskiedenis van T20-WB-toernooie om die agtste paaltjie.
Dit was nie genoeg nie. Namibië kon net 12 lopies kry van die laaste twee beurte waarin hy 20 benodig het.
Die VAE se goeie eindpoging met die kolf vroeër was uiteindelik die verskil tussen die spanne. Die Emirate het 12 en 21 lopies van die laaste twee boulbeurte, geboul deur Wiese en JJ Smit, geklits.
Nederland, wat die gewese Protea-afrigter Gary Kirsten as konsultant in sy kamp het, vorder dus om op 6 November in Adelaide teen Suid-Afrika te staan kom in dié spanne se laaste Super12-groepwedstryd.
– Verwerk van Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie