Wêreldbeker-aksie propvol vermaak
Wes-Indië se juniors is uit die blokke met die wenpunte uit hul openingswedstryd van die ICC O.19 Wêreldbeker-kriekettoernooi in Windhoek. Tanzanië, die verrassende Afrika-kwalifiseerder wat Namibië verlede jaar uitgeskakel het, is vir 122 uitgeboul voordat die Windies met vyf paaltjies gewen het. Zachary Carter (links, 8 lopies) het die toernooi se eerste ses geslaan en sy aanvangsvennootskap met Tanez Francis (52 van 55 balle) het die Windies op die wenpad geplaas. Agterna het die spankapteins Laksh Bakrania van Tanzanië en Joshua Dorne van Wes-Indië mekaar voorspoed toegewens. Vandag in Windhoek sal die titelhouer Australië teen Ierland speel, asook die ambisieuse Afghanistan teen Suid-Afrika. Die naweek se program verskyn in Sport Wrap. Toeskouers kan die wedstryde gratis bywoon en bloot hul kaartjies aanlyn moet by u19wc.ncg.com.na kry en vertoon. Foto’s Getty Images


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie