Wedsyfers swaar gelaai teen sukses in Harare

Sewesrugby
Andrew Poolman
Namibië se sewesspan staar môre en Sondag in Harare ’n ewe “onmoontlike missie” in die gesig as wat vanaand se All Blacks in die Wêreldbeker-wedstryd in Toulouse vir Johan Deysel-hulle inhou.

Afrigter David Philander moes nog dié week laat veranderinge aan sy aanvanklike spelersgroep in die Afrika-sewestoernooi aanbring.

Die wenner sal vir die 2024 Olimpiese Spele in Frankryk kwalifiseer.

Die spanne in plekke 2 en 3 in Afrika sal in Junie volgende jaar teen die tweede- en derdebestes van Asië, Europa, Oseanië, Noord-Amerika en Suid-Amerika in die finale uitduntoernooi sake om die 12de en laaste beskikbare Olimpiese posisie uitspook.

Namibië het opnuut ’n nuwe kaptein in Reinold Benade, senter van United.

Hoewel Philander, wat by Ronaldo Pedro oorneem, reeds in Maart ’n oefengroep byeen geroep het, het beserings en 15-liga klubverpligtinge hul voorbereiding bemoeilik.

In die nuutste veranderinge neem Franklin Karigub en die Unam-paar AJ Kearns en Viery Haufiku die plekke van Peter Diergaardt (terug na klub in Pole), Geraldo Beukes en Niel Holtzhausen (beide beseer) in.

Namibië se span: Reinold Benade (kaptein, United), Hillian Beukes, Elmarco Beukes (beide Rehoboth), Franklin Karigub (Reho Falcon), Morgan Esterhuizen (Western Suburbs), Johan Luttig (Grootfontein), Darius von Solms, Danie van der Merwe (beide Wanderers), Viery Haufiku, AJ Kearns, Aljarreau Zaahl en Shareave Titus (almal Unam).

Elmarco Beukes en die laat plaasvervanger Karigub is die enigstes wat van laas jaar se Afrika-toernooi in Uganda oorgebly het, toe Oderich Mouton die kaptein was. Laas jaar was Beukes die enigste spanlid wat ook in Cameron Langenhoven se 2019-span in Johannesburg was.

Namibië se 2022-uitslae was ’n voortsetting van sy gesukkel teen Afrika se meer aktiewe nasies – klop Ghana 19-10, verloor teen Madagaskar 41-0; verloor teen Kenia 33-7; verloor teen Zimbabwe 27-17.

Namibië se beste onlangse Afrika-eindposisie was vyfde uit 14 spanne in Johannesburg in 2019 – met Philander as afrigter. Drie van dié spanlede (Gerswin Mouton, Max Katjijeko, Adriaan Booysen) speel vanaand in Toulouse teen die Kiwi’s.

GROEPERING

Groep A: Suid-Afrika, Madagaskar, Tunisië, Ivoorkus.

Groep B: Kenia, Zambië, Namibië, Nigerië

Groep C: Uganda, Zimbabwe., Burkina Faso, Algerië.

Namibië se groepwedstryde is môre teen Zambië (09:44), Kenia (12:50) en Nigerië (15:12).

Regstreekse beeldsending op die Facebook-blad van Rugby Afrique.

DIE GUNSTELINGE

Met Siviwe Soyizwapi (knieoperasie) vir minstens nege maande uit, sal Impi Visser die gesoute groep van die Blitsbokke aanvoer.

Suid-Afrika moet aan die Afrika-toernooi deelneem omdat hy in die 2022-’23-seisoen slegs sewende op die puntelys van die Wêreldreeks geëindig het en derhalwe nie outomaties vir die Spele gekwalifiseer het nie.

Vir Visser (28) is dit nie nuut om die Blitsbokke aan te voer nie. Hy het die taak vroeg in 2022 in Spanje in die Wêreldreeks verrig toe Soyizwapi ook beseer was.

Zain Davids (26), nog ’n ervare speler en gewese kaptein, is die Blitsbokke se onderkaptein.

Die gewese Springbok-vleuel Rosko Specman, wat verlede maand weer by die Blitsbokke aangesluit het, sal in Harare meestal as vleuel diens doen.

Dis die eerste keer sedert die Kaapstad-sewestoernooi in 2019 dat Specman vir die Blitsbokke in aksie is. Hy het die laaste paar jaar op vyftienmanrugby gefokus.

Die kwiksilwer Selvyn Davids is ook terug in die Blitsbok-groep nadat hy ’n groot deel van die 2022-’23-Wêreldreeks weens ’n liesbesering misgeloop het.

Met Selvyn Davids en Justin Geduld wat as spelskeppers oorweeg kan word, lyk die Blitsbok-groep na een wat teenstanders probleme sal besorg.

Blitsbokke (getal Wêreldreeks-toernooie in hakies): Christie Grobbelaar (18), Ryan Oosthuizen (43), Impi Visser (kaptein, 32), Zain Davids (onderkaptein, 40), Travis Ismaiel (5), Ricardo Duarttee (10), Ronald Brown (13), Selvyn Davids (29), Justin Geduld (54), Donovan Don (4), Rosko Specman (30), Shilton van Wyk (13).

Kenia, onder kapteinskap van Vincent Onyala, en dalk Uganda hou waarskynlik die grootste gevaar vir die Blitsbokke in.

Voor hul tuisskare lyk die Zimbabwe Cheetahs ook giftig, met ervare kalante soos skrumskakel Hilton Mudariki, Tapiwa Mafura (heelagter van Vrystaat-Cheetahs), senter Riaan O’Neill en vleuel Takudzwa Kumadiro.

Suid-Afrika (sesde), Kenia (12de), Uganda (17de) en Zimbabwe (23ste) het verlede jaar September by die wêreldtoernooi in Kaapstad meegeding.

– Bykomende beriggewing deur Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.56 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.5 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.34 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 309.07/OZ UP +0.01% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0009 | Zinc US$ 2 890.90/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 84.55/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 982.52/OZ UP +0.85% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.56 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.5 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.34 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 309.07/OZ UP +0.01% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0009 | Zinc US$ 2 890.90/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 84.55/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 982.52/OZ UP +0.85%