Samsung Wanderers met die tolbord wat aandui hoe ver hulle vir Trustco United afgeransel het. Foto Andrew Poolman
Samsung Wanderers met die tolbord wat aandui hoe ver hulle vir Trustco United afgeransel het. Foto Andrew Poolman

Wanderers verkrummel opposisie

Klubkrieket
Die rooies het Saterdag se 50-beurtwedstryd met 283 lopies gewen.
Andrew Poolman
Met ’n allemintige kolftotaal en ’n reusagtige oorwinning het Samsung Wanderers sy houvas op die voorsprong in Krieket Namibië se premierliga vir eendagkrieket verstewig.

Trustco United moes dit Saterdag op hul tuisveld Gemsbokpark ontgeld in ’n wedstryd waarin hul gereelde kaptein Lo-han Louwrens afwesig was te midde van sprake dat hy binnekort van klub gaan verwissel.

Die huidige spelersdiepte van Wanderers word reeds daarin weerspieël dat Jan Frylinck en Bernard Scholtz ná hul terugkeer van die T20 Wêreldbeker in Australië nog nie weer vir die klub gespeel het nie.

Saterdag het Wanderers 391 vir sewe teen United opgestapel en die wedstryd uiteindelik met 283 lopies gewen, deur die tuisspan tot 108 almal uit te beperk.

Nog een van hul aanwinste, die veelsydige Zimbabwiër Nyashadzaishe Nyasha (tevore van United en die kusspan Werlwitschia), was hul voorste kolwer wat met sy honderdtal in sig deur Handre Klazinga geboul is. Nyasha het 95 van 74 balle aangeteken, met nege viere en vier sesse.

Voor hom het die aanvangspaar Niko Davin (29 van 29 balle, 4x4 1x6) en JC Balt (19 van 30 balle, 2x4) reeds ’n haastige tempo begin handhaaf.

Karl Birkenstock (nog ’n T20 WB-spanlid) het sy kolfkans op nommer drie gebruik om 82 van 84 balle te versamel (4x4 2x6) en sy vennootskap met Nyasha het die totaal van 60/2 (11.3 bb) tot 246/3 (33.5 bb) gevoer.

Hoewel Michau du Preez net vir 2 geboul is, was Wanderers se kolfdiepte nog geensins uitgewoed nie ... nie met JJ Smit op nommer ses se tipiese vyftigtal (71 van 52 balle, 1x4 5x6) nie.

Voordat Smit agter die paaltjies deur Henry Hayes uitgevang is, het hy boonop ’n kolfmaat in Danie van Schoor (39 nie uit nie van 28 balle, 3x4 1x6) gevind saam met wie hy in ’n vennootskap van nóg 115 lopies om die sesde paaltjie die arme Filistyne kon teister.

Wanderers het ’n bedrewe kolwer soos hul kaptein Nicolaas Scholtz (geboul met ’n streepbal van Stefan Bezuidenhout vir 3) in die doodsnikke gehad.

United sal gewis nie gou weer soos Saterdag ’n ronde vyftigtal net in ekstras (27 wydlopers, sewe foutballe) wil afstaan nie.

Te midde van die slagting het Handre Klazinga eintlik met puik boulsyfers van vyf paaltjies vir 44 in tien boulbeurte afgesluit. Hy het boonop die hele topvyf op sy kerfstok gehad (Davin, Balt, Birkenstock, Nyasha en Du Preez).

Uiteraard sou 392 ’n onhaalbare teiken vir United wees, maar min van hul kolwers kon enigsins hul merk maak voordat die Filistyne (met een kolwer kort sonder die beseerde Hendrik van der Walt) op 108/9 uitgeboul is.

Net Klazinga (26 van 40 balle) en Christiaan Schumacher (21 van 41 balle) het minimale teëstand gegee. Henry Hayes, ’n kolfheld met ’n honderdtal toe United vroeër vanjaar die T20-derby teen Wanderers gewen het, het drie viere geslaan vir 12 voor hy sy elfde bal in JJ Smit se hande geslaan het.

Karl Birkenstock (3/28 in 6) is vir bestendige naatboulwerk beloon, terwyl Niko Davin skielik die doodskoot toegedien het toe hy die 28ste boulbeurt met sy draaiballe begin afstuur het. Binne vier balle het hy drie paaltjies gekry deur Klazinga op die grens te laat uitvang, Stefan Bezuidenhout te boul en vir Dion Venter b.v.p. te betrap (3/4 in 0.4).

BY CCD-VELD

CCD Tigers was ook in ’n eensydige oorwinning teen die kusspan MR24/7 Welwitschia betrokke.

Die besoekers in Pionierspark is vir net 81 lopies uitgeboul, nadat hulle gekies het om eerste te kolf.

Benewens 16 ekstras het net Tawanda Ngwenya (12), Vincent Murapo (26 van 63 balle, 4x4) en Simon Shikongo (13) dubbelsyfers gehaal.

Die draaibouler Mauritius Ngupita (4/14 in 5.2 bb) het sake aangerig, met die ander ses paaltjies gedeel tussen Ben Shikongo (1/16 in 5), Tawanda Sithole (1/20 in 6), Pikky Ya France(1/9 in 5), Nicol Loftie Eaton (2/4 in 3) en Jack Parker (1/10 in 2).

CCD is ook skrikgemaak op 35/4 met Ryan Moffett (6), Ramon Wilmot (13), Pikky ya France (1) en Joshuan Julius (3) uitgehaal.

Loftie-Eaton (30 nie uit nie van 28 balle, 2x4 2x6) en Tawanda Sithole (25* van 20 balle, 4x4) het egter die wenlopies aangeteken.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City #N/A Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% #N/A